Woord: venue

Argieffoto

Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die gebruik van “venue” en wonder of dit ʼn erkende Afrikaanswoord is.

Venue is ʼn erkende leenvertaling uit Engels. Volgens VivA se adviesportaal is dié woord afkomstig van venue uit Ou Frans wat “aankoms” beteken en die Latynse venire vir “kom”. Dit is deur die Taalkommissie in die AWS se 2017-weergawe opgeneem.

Woord:
venue

Betekenis:
Plek waar ʼn georganiseerde byeenkoms plaasvind; plek waar ʼn onthaal/opvoering/uitvoering/konsert/kongres/ens. gehou/aangebied word: Ons soek nog na ʼn geskikte venue vir die konferensie en gepaardgaande uitstallings. • Die feesprogram en ʼn kaart waarop die feesvenues aangedui word, kan van die webwerf afgelaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

groenboer ·

En hoe spreek mens dit uit in Afrikaans? Selfde as in Engels?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.