Woord: verjaar

Argieffoto (Foto: bbiancabassi0, Pixabay)

Argieffoto (Foto: bbiancabassi0, Pixabay)

Woord:
verjaar

Betekenis:
1 Jarig word, verjaarsdag vier: ‘n Mens verjaar ook net een keer elke jaar. Lekker verjaar saam met ‘n klompie vriende.
2 Jou verlustig; te kere gaan in: Die kinders verjaar onder die vrugte in die boord
3 Een of meer jare gelede wees: Op 18 Junie verjaar die Slag van Waterloo
4 Deur die tyd verval; na verloop van ‘n aantal jare nie meer invorderbaar, van krag wees nie: Die verband, reg, vonnis, skuld verjaar op 31 Desember. ‘n Verjaarde tjek.

OOK:

Woord:
verjaardag, verjaarsdag
Betekenis:
Dag waarop die geboortedag van iemand (ook byvoorbeeld stigtingsdag e.d. van iets) herdenk word. Presente en gelukwensings op ‘n verjaarsdag ontvang. Jou verjaardag vier. Jou verjaarsdag stil deurbring. Die tiende verjaarsdag van ‘n vereniging.

OOK:

Woord:
verjaarsmaal
Betekenis:
Maaltyd om ‘n verjaarsdag te vier

OOK:

Woord:
verjaarsparty
Betekenis:
Partytjie, fees op ‘n verjaarsdag

OOK:

Woord:
verjaarspresent
Betekenis:
Geskenk op ‘n verjaarsdag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.