Woord: verseng

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Manish Upadhyay)

Woord:
verseng

Betekenis:
“Verseng” is volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) ʼn argaïese woord en dit beteken om te skroei of deur hitte beskadig te word.

  • Die middagson het die grond verseng sodat geen gras meer wou groei nie.
  • Die versengende hitte het inwoners gedwing om binnenshuis te bly waar dit koeler is.

Waar kom dit vandaan?
Die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) verduidelik dat “verseng” uit Nederlands se verzengen ontwikkel het. Dit is saamgestel uit ver– en zengen wat “aan die oppervlak brand of verkool” beteken.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.