Woord: volstruispolitiek

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Woord:
volstruispolitiek

Betekenis:
Beleid waarby groot of lastige vrae nie aandag geniet nie.

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die foutiewe opvatting dat dié voël sy kop in die sand steek as daar gevaar dreig. Die volstruis doen dit glad nie. As hy dink dat gevaar dreig, buig hy sy nek parallel met die grond en luister aandagtig. As daar gevaar is, hardloop hy weg – tot 64 km per uur, volgens een bron. Mense het gedink dat volstruise hul koppe in die sand wegsteek omdat hulle so laag buig – of omdat dit so kan lyk wanneer hulle hul eiers versorg wat in ʼn holte in die grond lê.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.