Woord: Volstruispolitiek

Woord:
Volstruispolitiek

Betekenis:
Beleid waarby groot of lastige vrae nie aandag geniet nie.

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die foutiewe opvatting dat dié voël sy kop in die sand steek as daar gevaar dreig. Die volstruis doen dit glad nie. As hy dink dat gevaar dreig, buig hy sy nek parallel met die grond en luister aandagtig. As daar gevaar is, hardloop hy weg – tot 64 km per uur, volgens een bron. Mense het gedink dat volstruise hul koppe in die sand wegsteek omdat hulle so laag buig – of omdat dit so kan lyk wanneer hulle hul eiers versorg wat in ‘n holte in die grond lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.