Woord: Vrydag

heart-1526498_640Woord:
Vrydag

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Noorse godin van getroude liefde, frigg, by alle Germane bekend en by die Suid-Germane as Frija. Sy is die beskermgodin van die huwelik en moederskap. In ‘n stadium is ‘n ooreenkoms gesien tussen Frigg en die Romeinse godin Venus, want albei se name leef voort in Vrydag (Frigg-dag) en Latyn dies veneris (“die dag van Venus”).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

Yom Shishi in Hebreeus… dws die sesde dag (net voor die 7e, Yom Shabat, die heilige rusdag).

Trots Afrikaans ·

Of Vrydag in Afrikaans, dws die sesde dag, vyf dae na die eerste dag wat Sondag is, die rusdag vir Christene.

Petrus van Eeden ·

Ons eertydse inheemse Germaanse Gode en Godinne leef gelukkig nog voort in die name van ons weeksdae. Geluk dat die Christendom nie ook dit uitgeroei het nie. Tydens die donker middeleeue word ons inheense Germaanse religie met geweld uitgeroei en die uitheemse middeoosterse Christendom met geweld in Europa gevestig. Tragiese verlies van ons oeroue erfgoed!

John ·

Petrus, so vanuit die paradys aan ons hier… buite… wanneer kom jy help… werk…
hoo-hee? …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.