Woord:
Vrydag
Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Noorse godin van getroude liefde, frigg, by alle Germane bekend en by die Suid-Germane as Frija. Sy is die beskermgodin van die huwelik en moederskap. In ‘n stadium is ‘n ooreenkoms gesien tussen Frigg en die Romeinse godin Venus, want albei se name leef voort in Vrydag (Frigg-dag) en Latyn dies veneris (“die dag van Venus”).
Ons sal nog terugbeweeg na die Bybelse termes wat praat van die eerste-, tweede- ens. dae. Dan sal ons nie meer die drekgode se name oor ons lippe laat gaan nie. Dit geld vir die maande van die jaar ook.