Woord: weifel

Argieffoto (Foto: Mathew Schwartz/Unsplash)

Woord:
weifel

Betekenis:
Aarsel, besluiteloos wees, talm: lank weifel oor ʼn saak • weifelend optree • geen oomblik weifel voordat jy ʼn besluit neem nie ◊ Dit lyk of die voorste linie weifel, maar die krag van die massa agter hulle… stu hulle voort (Etienne van Heerden).

Waar kom dit vandaan?
Uit verouderde Nederlands weifelen (1710), ʼn iteratief (wat herhaling aandui) van weiven wat “heen en weer swaai” beteken.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en HAT

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.