Woord:
wispelturig
Betekenis:
onstandvastig; veranderlik: In die tussenseisoene is die weer te wispelturig om ʼn buitemuurse geleentheid te beplan.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands wispelturig (1556), ʼn samestellende afleiding met –ig van wispelen, wat ‘doelloos rondloop, jou onvas beweeg, heen en weer draai’ beteken, en tuur, die gewestelike wisselvorm van tier vir ‘gedrag’. Eerste optekening in Afrikaans in Patriotwoordeboek (1902).