Terugblik: Herkoms van die woord ‘slawereën’

Breyten Breytenbach (Foto: Verskaf deur Tuin van Digters)

In die eerste week van Desember word geskiedkundige gebeure soos die eerste hartoorplanting 52 jaar gelede, “slawereën” in 1838 en die vrylating van Breyten Breytenbach in 1982 gedenk. Sonja Herholdt het op 1 Desember haar 67ste verjaardag gevier en in dié week word die dood van bekendes soos Elisabeth Eybers en HA Fagan gedenk.

In dié terugblik word gebeure, geboortes, sterftes en uitvindsels ingesluit wat spesifiek relevant tot die Afrikaanse taal is.

Gebeure

1 Desember

  • 1838 – In die Kaapkolonie word slawe vrygestel. Dit reën vir drie dae in die winterreënvalgebied wat aanleiding gee tot die term slawereëntjie vir reën in die middel van die somer.

2 Desember

  • 1982: Breyten Breytenbach word uit die tronk vrygelaat nadat hy in 1975 ingevolge die Wet op Terrorisme tot tronkstraf gevonnis is.
Sonja-Herholdt

Sonja Herholdt (Foto: Sonjaherholdt.co.za)

Geboortes

1 Desember

Herholdt het in 1975 haar debuut as sangeres gemaak met “Ek verlang na jou”. Dié liedjie was só suksesvol dat sy in 1976 as onderwyseres bedank het om voltyds te sing. Van haar grootste treffers sluit in “Jantjie”, “Harlekyn” en “Waterblommetjies”.

3 Desember

Het jy geweet? Van Heerden speel ʼn belangrike rol in die Afrikaanse kultuur van die virtuele ruimte deurdat hy die stigtersredakteur van die multitalige kulturele webruimte LitNet is. Van Heerden is die skrywer van bekendes romans soos Toorberg, 30 nagte in Amsterdam, Die wêreld van Charlie Oeng en Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat pas verskyn het.

4 Desember

  • 1917 – Hendrik Josephus Terblanche, Afrikaanse taalkundige († 1977).

5 Desember

  • 1888 – Tienie Holloway, Afrikaanse skrywer van kinderliteratuur († 1967).

Die Tienie Hollowaymedalje vir kleuterliteratuur is ’n letterkundige prys wat sedert 1969 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken word aan ’n skrywer wat gedurende ’n tydperk die beste werk van bevredigende gehalte in Afrikaans gelewer het in die genre kleuterliteratuur – dit wil sê kinders jonger as agt jaar. Sedert 1976 word die prys driejaarliks toegeken.

ge-korsten

Gé Korsten (Foto: Chessaleeinlondon.wordpress.com)

6 Desember

Sterftes

1 Desember

  • 2007 – Elisabeth Eybers, Afrikaanse digteres en ontvanger van die Hertzogprys († 1915).

5 Desember

  • 1990 – Peter Blum, Afrikaanse digter († 1925).

Blum is 1925 in Oostenryk gebore, maar op 12-jarige ouderdom verhuis hy saam met sy gesin na Suid-Afrika. Blum was ‘n omstrede Afrikaanse digter en is weens sy teenkanting teen die destydse beleid van apartheid twee keer Suid-Afrikaanse burgerskap geweier.

6 Desember

Vir meer inligting oor geskiedkundige gebeure rondom Afrikaans besoek die Afrikaanse Wikipedia-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.