Terugblik: Johann de Lange vier 60ste verjaardag

PC Schoonees (Foto: WikiCommons)

Die verjaardae en sterfdatums van verskeie bekendes word dié week gedenk.

Johann de Lange het op 22 Desember sy 60ste verjaardag gevier, vandag word die geboorte van Anna Neethling-Pohl herdenk en bekendes soos Randall Wicomb en Chris Barnard se sterftes word ook in die week gedenk.

In dié terugblik word gebeure, geboortes, sterftes en uitvindsels ingesluit wat spesifiek relevant tot die Afrikaanse taal is.

Geboortes

22 Desember

  • 1959– Johann de Lange is ʼn Afrikaanse digter, kritikus en skrywer van kortverhale. Hy is onder meer met die Ingrid Jonkerprys en die Hertzogprys bekroon vir sy skryfwerk.

23 Desember

Schoonees was ʼn Afrikaanse skrywer en leksikograaf en lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Van 1947 was hy hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) in Stellenbosch, ’n posisie wat hy tot met sy aftrede op 30 Junie 1962 beklee het. In hierdie tyd word vier volumes van die woordeboek gepubliseer wat die letters A tot I dek.

Het jy geweet? Schoonees het ook onder die skuilnaam Jan Kloppers geskryf.

  • 1949 – At Botha, Suid-Afrikaanse akteur.

24 Desember

Pohl, gebore Anna Servasina Pohl, was ʼn Afrikaanse skrywer, verhoog- en rolprentaktrise en rolprentvervaardiger. Sy het dikwels onder die skuilname AP Niehaus en Wynand du Preez geskryf.

Sy het verskeie romans gepubliseer waarvoor sy die Langenhoven-prys in 1926 en die Vaderland-prys in 1937 ontvang het. In 1948 het sy ʼn erepenning vir toneelspel van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.

Het jy geweet? Pohl was die eerste vroue-uitsaaier van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie.

26 Desember

28 Desember

Sterftes

25 Desember

Het jy geweet? Kannemeyer is op 25 Desember 2011 in Stellenbosch ná ’n beroerte-aanval oorlede. Die letterkundige prof. Wium van Zyl is die eksekuteur van sy boedel. Onder die bepalings van sy testament is dat sy letterkundige dokumente en persoonlike korrespondensie aan die Universiteit Stellenbosch geskenk word, waar dit by die Gericke-biblioteek gehuisves word.

Randall Wicomb (Foto: ravepad.com)

27 Desember

  • 2015 – Randall Wicomb, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. (* 1949).

28 Desember

Vir meer inligting oor geskiedkundige gebeure rondom Afrikaans besoek die Afrikaanse Wikipedia-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.