Universiteite se taalbeleid maak klug van Grondwet

adv-jan-heunis

Advokaat Jan Heunis, president van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch. Foto: Youtube.com.

Deur adv. Jan Heunis

Gedurende 2016 het Afrikaans sy status as primêre taal van onderrig aan nog vier universiteite, die Universiteit van die Vrystaat (UV), Universiteit Stellenbosch (US), Universiteit van Pretoria (UP) en Unisa, verloor. Afrikaans het sy status net aan die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit behou, wat dit die enigste kampus maak waar dit nog die geval is.

Hierdie toedrag van sake maak ʼn klug van veral artikels 6, 29, 30 en 31 van die Grondwet asook van die ministeriële taalbeleid vir universiteite. Die Grondwet en die ministeriële taalbeleid verg dat méér inheemse tale as wetenskapstale ontwikkel moet word en kan dit onmoontlik gedoog dat Afrikaans, die enigste een wat reeds ʼn volwaardige wetenskapstaal is, sy status as tersiêre onderrigtaal landswyd verloor.

Daar is verskillende sienings oor wat presies aanleiding gegee het tot die besluite van die US se senaat en raad om die rektor se bestuurspan terwille te wees en ʼn nuwe taalbeleid te aanvaar. Dié nuwe beleid word daardeur gekenmerk dat dit aan Engels ʼn gewaarborgde primêre onderrigtaal status toeken en vir soveel diskresionêre afwykingsbevoegdhede en -geleenthede met betrekking tot Afrikaans voorsiening maak, dat dit net ʼn kwessie van tyd is voordat Afrikaans net in die lesingslokale waar dit as ʼn vak aangebied word, gehoor sal word.

Myns insiens is die volgende die redes wat aanleiding gegee het tot die aanvaarding van die nuwe taalbeleid:

  • ʼn Hofaansoek deur AfriForum het aan die lig gebring dat daar in die praktyk in meer as 400 modules van die bestaande taalbeleid afgewyk word. Die aanvaarding van die nuwe beleid het dié praktyk gewettig.
  • Die rektor se bestuurspan het reeds in 2015 toegegee aan druk van Open Stellenbosch, ʼn klein drukgroep wat nie eens meer bestaan nie, en daarna die raad op sleeptou geneem. (Dit was nie nodig om die senaat op sleeptou te neem  nie: Die nuwe taalbeleid is in pas met die siening wat daardie instelling geruime tyd reeds huldig.)
  • Regeringsdruk, ten spyte van die bepalings van die ministeriële beleid en die Grondwet.
  • Vrees vir skade aan universiteitseiendom en ontwrigting van akademiese werksaamhede.
  • Die US werf geruime tyd reeds Engelssprekende studente in veral Gauteng en KwaZulu-Natal.

Daar is tans hofaansoeke (in sommige gevalle aansoeke vir verlof tot appèl) hangende wat die tersydestelling van al die besluite wat tot die afskaffing van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal aan bogenoemde vier universiteite gelei het, as oogmerk het.

Die aansoek teen die US onderskei homself van die ander hoofsaaklik as gevolg van die volgende oorwegings:

  • In die Wes-Kaap is Afrikaans die moedertaal van die grootste bevolkingsgroep.
  • Bruin mense is die grootste komponent van daardie bevolkingsgroep; oorwegend Afrikaanssprekend en beduidend onderverteenwoordig aan tersiêre akademiese instellings.
  • Daar is vier universiteite in die Wes-Kaap waarvan drie slegs Engels as onderrigtaal gebruik.
  • Van die ongeveer 1 460 openbare skole in die Wes-Kaap is minstens 560 enkelmedium Afrikaanse skole of skole wat Afrikaans in dubbel- of parallelmedium aanbied.
  • In die Noord- en Oos-Kaap, albei binne die bedieningsgebied van die US, is die aantal skole wat Afrikaans as onderrigtaal gebruik onderskeidelik 235 en 336.

Die onreg wat die US Afrikaanssprekendes aandoen is onbetwisbaar. Dit is ʼn droewe feit.  Afrikaanssprekendes kan nie anders nie as om te sê tot hiertoe en nie verder nie.

  • Heunis is die president van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

As universiteite die grondwet in die beleid ignorer, kan maatskappye die grondwet i.v.m regstellende aksie ook ignoreer.
Ons president het ons mos mooi gewys dat die grondwet geen gewig dra nie, behalwe as dit in die belang van die ANC is.

Heinrich ·

Universiteite is veronderstel om die room van die akademiese breinkragte van die land te hê. In plaas van die situasie aan te spreek hoe om ander tale op te hef, is ‘n slapgat houding ingeneem deur beide die polisie (wat nie opgetree het die oomblik die kriminele optrede kop uitgesteek het nie) en die universiteitsrade. Julle sal in die geskiedenisboeke opgeteken word as die mense wat alles ongedaan gemaak het waaroor oorloë baklei is en bloed gestort is vir die reg om in my moedertaal te mag studeer.

Heinrich ·

Hoekom is daar nie ‘n antwoord van die klomp kriminele gekry waarom hulle die taal van die imperialiste wat hulle land kom inneem en plunder het voor te staan terwyl hulle hulle eie taal negeer nie?

Anti-kakiebos ·

Dit is te laat om Afrikaans aan die US te red. Afrikaners is sélf hiervoor te blameer. Die skrif was reeds aan die muur toe die US net na die draai van die eeu onder Engelse elite-skole bemark is. Afrikaans het geen status of waarde meer aan die US nie. Hoe gouer ons dit aanvaar, hoe gouer kan ons vorder met Akademia, ons nuwe Afrikaanse privaatuniversiteit. Die US se donateurs was heel gemaklik met die oorgang na Engels. Selfs die Afrikaanse hoofstroommedia het die status quo heel gemaklik aanvaar. Afrikaanse dosente word steeds op RSG en in die gedrukte media ingespan, maar in hul klasse verkies hulle Engels. Pro-Afrikaanse dosente het geen toekoms meer by enige van die openbare universiteite nie. Daar sal ook nooit weer pro-Afrikaanse personeel by enige van die openbare universiteite aangestel word nie. Fokus liewer op Akademia, ons nuwe Afrikaanse privaatuniversiteit.

JC ·

Dankie vir die artikel. Veg voort my geliefde Afrikaners en Afrikaanses!
Staatsuniversiteite is in skrille kontras met wat besig is om te gebeur in die privaatonderwyssektor m.b.t. Afrikaans as onderrigtaal.
AKADEMIA, AROS, AP AKADEMIE, SOLTECH. Afrikaans (en Afrikaanses) blom en leef voort, en raak NET NOG sterker OP BETER EN VOORUITDENKENDE WYSES! Staatsuniversiteite=binnekort vuil hole.
Die ANC regering het dus baie mooi probeer om Afrikaans (en by definisie Afrikaners) te kniehalter, MAAR KOM NIE LEKKE REG NIE!
Whe!

RATTE ·

Ja kyk die regering (ANC) het van dag een af alles ingesit om alles wat wit en afrikaans is te vernietig. Skole, universiteite se taalbeleid, BEE wat afgeforseer word op besighede en staatsdiens sodat wittes nie meer werk kan kry nie .. En STEEDS oorleef die wittes . nou is dit die PLASE want dit is al wat nog die Afrikaner kan seermaak .. hulle het ELEKTRISITEIT opgesit met soveel dat ons amper knap daaronder, en steeds survive ons . die rand het belaglik verswak . alles is opgemors en STEEDS leef die Afrikaner voort .. SO JA , die laaste hou sal maar eiendom en plase wees .want dit is AL wat hulle nog het om af te vat om die AFrikaner op sy kniee te dwing . Dit is SKOKKEND om BELASTING in ‘n land te betaal aan mense wat jou HAAT, wat alles doen om jou te vernietig . Daar is net een som wat die outjie met Standerd 3 nie kan maak nie . as die WITTES nie werk het nie . betaal hulle ook nie BELASTING Nie, en dan droog julle LUUKSHEDE ook op .. Gaan kyk hoe lyk die plase in Zim onder swart beheer .gaan kyk hoeveel belasting word daar ge-in .. !

Basson ·

Ons kan nie NET aanhou weghardloop om ons eie te stig – ja dis ook belangrik, maar ons moet ook veg om dit wat ons het en voor hard gewerk het, te behou!

NWU is volgende – verwys na die (dreig) redes om LLB nie meer te erken.

Laaste paragraaf verwys.

JC ·

Ja nee basson dis duidelik daar is een of ander siek agenda daar, hulle wil seker die Afrikaner studente aldaar dwing om by die verfoeilike uv(lees University of the Orange River Colony) in Engels te gaan swot en gedwonge integrasie met ander braaksels afdwing wat Afrikaners se standaarde sal afbring (want dan is almal mos nou “gelyk”). Nou sal gesien woes uv se llb program is ook kamtig in gevaar. Dink hulle nou werklik ons is SO DOM. DIS NET ‘N ROOKSKERM OM WEEREENS AFRIKAANSE STUDENTE TE ONTNEEM VAN ONDERRIG IN HUL MOEDERTAAL AFRIKAANS!!

John ·

Ons het mos die land en die beursie sonder om tee te stribbel oorhandig. Nou is ons mooi ge- ‘train’ vir totale oorgawe. Kyk wat kry De Klerk vir sy oorgawe, EFF- plakkate wat lees: …. is a murderer… En soos Zuma hou De Klerk nie op om bloudrukke te skets vir die droewige land nie. Vanoggend is hy weer (stokou) bok vir nog sports… sjoe!

Johanna Botha ·

Duidelik is dit nou al vir jare dat die anc nie doen wat hy se …die anc is in n gemors so hulle gaan nou net aandag gee aan hulle eie oorlewing …taal staan laaste in die ry

Andre ·

Dis ‘n bedekte seën dat Afrikaans van die inploffende staatsuniversiteite verban word.

Dit verplig AFrikaanses om die geleenthede wat internasionale kaliber universiteite bied, te benut. Daar is talle aantreklike AANLYN studiegeleenthede wat tans beskikbaar gestel word!

Waarom sukkel by derderangse “vrot Engels” universiteite met politieke agendas , as jy aanlyn kan studeer by die BESTE internasionale universiteite teen ‘n fraksie van die koste?

Die swak standaarde wat by “vrot Engels” universiteite gehandhaaf word, maak die kwalifikasies wat daar behaal kan word, verdag.

My advies aan Afrikaanses is om by wereldklas universiteite te studeer (aanlyn) terwyl jy in jou ouerhuis woon.

“Go big or go home!”

JC ·

Goeie voorstel André!! Ons sal sien waar kom die befondsing dan vandaan vir die patetiese politieke indoktrinasie sentrums (voorheen bekend as briljante Suid-Afrikaanse Universiteite) Hehe siek!! Moenie vergeet van Akademia, AROS en die AP Akademie nie waar jy graadkry lekkerkry in Afrikaans!

Karl ·

Dan het ons natuurlik die voorste liegbek Wim de Villiers wat die ANC in hul sak het en wat sy eie moedertaal in die rug steek. Dis ‘n geknoei en planne maak in donker kamers en daar word gedink dat ons dit nie raak sien nie. Elke hond kry wel sy dag. Sterkte ou grootman jy sal seker eendag ook uitwyk Amerika toe soos ons Bloemfontein man gedoen het toe dinge te warm geraak het.

gatiep ·

Ek begin nou al siek raak vir die Engelse wat alles wil afdwing op almal.
Mens kon hulle nog vergewe vir die verlede maar hulle hou net nie op nie.

Rupert Ashford ·

Alle trusts van Afrikaanse grootgeeste van weleer wat geld bestuur wat hierdie universiteite befonds, en ook Afrikaanse alumni vir wie Afrikaans saakmaak moet net eenvoudig hulle fondse onttrek en dit vir Akademia en NW Pukke gee. So ook moet stigtings en sentrums onttrek vsn hierdie instellings en na pukke en Akademia verhuis. Of saggies omrol en doodgaan…

JC ·

Dankie Rupert, dit is die mees sinvolle advies wat daar in ‘n hele ruk was.

jaco ·

ek merk op dis net wit mense wat kla oor die miskenning van Afrikaans. vanaf afrikaanssprekende sogenaamde kleurlinge kom geen klagtes nie. as hulle die toenemende verengelsing kan aanvaar, kan die wit mense mos ook. al hierdie gekla oor verengelsing laat my soms ook wonder: verstaan hierdie klaers dan nie Engels nie? sover ek weet, was dit ‘n verpligte vak tot op matriekvlak in die ou SA en was dit in die ou SA ‘n amptelike taal saam met Afrikaans. klagtes oor taal is n mors van tyd. as die algemene onderrigtaal na Zulu of Tswana verander het, sou ek die klagtes nog kon verstaan, maar deesdae word gekla oor die oorheersing van n taal wat almal reeds verstaan en praat. Kla eerder oor niks aan plaasaanvalle en plaasmoorde gedoen word nie. dwang om skielik n ander taal te praat lei immers nie tot dooie, gewonde en verminkte mense nie.

John ·

Jaco skryf gerus in Engels. Ongelukkig vir die swart bevolkings moes witmense, veral sendelinge, aanvanklik namens hulle hul tale boekstaaf en daar word tans aan ‘n OT- Bybelvertaling gewerk, oa vir Zoeloes… ook deur wittes. Daar bestaan geen wetenskaplike-geskrifte in swart tale nie… wat dit bloot net spreektale maak terwyl Afrikaans reeds ontwikkel het tot ‘n volwaardige navorsingstaal met oa volledige woorde- en vaktaalwoordeboeke. Afrikaners wil nie ander bevolkingsgroepe tot Afrikaans bekeer nie, ons wil bloot in vrede gelaat word om in ons eie taal te gedy. Afrikaners wat graag in Engels wil studeer of die taal verkies, doen so. Laat asb net die son ook op ons ander skyn.

Annie ·

John met jou Engelse naam! Ek stem volmondig saam met jou. Ek is ook van diegene wat in die vorige bestel Afrikaans en Engels as vakke gehad het. Tot vandag toe probeer ek my taal so suiwer as moontlik hou uit respek vir die dosente en al die strydrosse wat geveg het vir Afrikaans. Vir die sogenaamde bruin Afrikaanssprekendes van wie Jaco praat, is dit n statussimbool om Engels te besig. Van Langenhoven se tyd tot lank na my bestaan sal Afrikaans groei en bly bestaan. Sela!

JC ·

Dis al wat ons vra. Sal jaco enigiemand van die reg ontneem? Hy kan ruim geleentheid verleen word om sy opinie te gee en dit is ook sy reg, MAAR ONS WIL IN ONS PRAGTIGE MOEDERTAAL AFRIKAANS LEER EN KLAAR.

Niklaas ·

Die grootste gif en verraaier is Wim van US.Se dit nog altyd.En grootste lamsak en alles wat sinoniem is met die woorde verraaier en lamsak.

peanut ·

Ons moet ophou naief wees. Die grondwet waaraan ons vasklou betekin niks vir die res vd bevolking want dit is net nog n instelling waar kolonialiste “beskerm” word volgens hulle. Maak nie saak hoeveel uitvindings daar is wat deur ons kolonialiste gemaak is nie hoeveel ons vir onderrig betekin het nie daar dal nooit erkenning gegee word nie. Dieselfde gaan gebeur met grond vergrype en die konstusie wat ons in glo en ek glo nie die res vd wereld gaan hulle veel steur aan wat hier gebeur nie. In my eenvoudigheid dink ek dat solidariteit en afriforum moet hulle planne bietjie verander om n fisiese universiteit/kollege op die been te bring en meer fokus on dit elektronies te doen, dit gaan goedkoper wees en meer studente bereik, ander voordeel natuurlik is as die res vd bevolking besluit geboue moet verbrand word gaan die skade minder wees. So fokus meer op tegnologie dit gaan ook uitbreiding v julle studie velde vinniger vergroot . Laat hulle die universiteite vat en kom ons fokus op wat beskikbaar is en gebruik dit. En daar waar daar wel fisiese teenwoordigheid nodig is stel ons die fasiliteit beskibaar maar kom ons fokus op aanlyn studie ontwikkeling. Dit gaan Afrikaans red as studie medium. Hulle kan dalk die doring boompie knak maar groei sal hy groei

Drikus ·

Die US se leuse van ouds “Ons staan vir die idee”, menende vir vrye denke is lankal versaak. Wat anders kon mens verwag van ‘n universiteit waar veelvuldige keuse vrae nog steeds negatief gemerk word, soos wat dit 40 jr gelede nog gedoen is? Die span kan steeds nie vir hulself dink nie. Gevolglik was dit bloot vir Wim en kie logies om agter die ANC se denke aan te spring. Dit is nog nie te laat nie. Afrikaanse studente moet bloot saam staan, sodat daar Afrikaanse en Engelse klasse aangebied word. Dit is logies en sluit niemand uit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.