Die 2019 US Woordfees Woordtrofees is op 4 April by ’n spesiale toekenningsgeleentheid op die Overgaauw-landgoed buite Stellenbosch oorhandig. Die wenners het elkeen ’n kunswerk en kontant ontvang. Dié prystuitdelingsgeleentheid is aangebied met die ondersteuning van die ATKV.
Die wenners is:
Toneel: Beste speler (vroulik)
Cintaine Schutte (Tien duisend ton)
Toneel: Beste speler (manlik)
Andrew Buckland (Endgame)
Toneel: Beste byspeler (vroulik)
Martelize Kolver (Katvoet)
Toneel: Beste byspeler (manlik)
Wessel Pretorius (Kleedkamer-blues)
Toneel: Beste ensemble
Babbelagtig
Toneel: Beste regisseur
Marthinus Basson (Die gangsters)
Toneel: Beste teaterstuk
Die gangsters
Toneel: Beste Woordfeesdebuut
Tien duisend ton
Beste opkomende kunstenaar(s)
In Slavenhuis 39
Kontemporêre musiek: Beste musiekgedrewe produksie
Samson
Kontemporêre musiek: Beste solo-kunstenaar
Jo Black – Bring die hoop weer terug
Kontemporêre musiek: Beste groep
Soweto String Quartet ontmoet Loki Rothman
Klassieke musiek: Vokaal
Universiteitskoor Stellenbosch
Klassieke musiek: Instrumentaal
Olga Kern – Prestige-klavieruitvoering
Visuele kunste: Beste aanbieding
Jean Theron Louw (My Afrika-wildehonde)
Woordkuns
Woutrine Theron (’n Oulap se rooi)
Beste tegniese prestasie
Shane Cooper (Musiek en -regie: Samson)
Die boekpryswenners vir die beste verkope in vyf verskillende kategorieë is:
Prosa: Jan van Tonder – Die verevrou
Poësie: Willie van der Merwe – Doodmenslik
Politiek en aktueel: Deon Maas – Witboy in Berlyn
Leefstyl: Gerard Scholtz – Hier gaat ons
Kinder- en jeugboeke: Fanie Viljoen – Die dag toe die draak kom
Die volgende spesiale pryse is toegeken:
Catherine Channing en Corné Kruger is aangewys as die Feeshelde wat vanjaar ’n besonderse bydrae tot die sukses van die US Woordfees gelewer het.
Beste prestasie in kunsjoernalistiek
Jacolette Kloppers
Felicia Lesch het die In Verbondenheid-prys ontvang. Hierdie prys word toegeken aan ’n rolspeler wat kunstenaars en die gemeenskap nader aan mekaar bring. Vanjaar vier die US Jazz-orkes sy tiende verjaardag en is die Konservatorium se Sertifikaatprogram 20 jaar oud. Beide het hul bestaan aan Lesch te danke. Sy bied ook jaarliks ’n konsert vir die Woordfees aan waarin studente die geleentheid kry om saam met ikone op te tree – van Yvonne Chaka Chaka en Sibongile Khumalo tot Tarryn Lamb.
WOW Onderwyser van die Jaar
Irene Francis van Steenberg Sekondêr
WOW Skool van die Jaar
Waveren Sekondêre Skool
Is US woordfees nog relevant?