Vadersdagboodskap: Sê dit in Afrikaans

Argieffoto (Foto: Martín Alfonso Sierra Ospino/Pixabay)

Elke jaar op Vadersdag word pa’s bedank vir die rol wat hulle in hul kinders se lewe speel. Gelukkig hoef ʼn opregte dankie nie die bank te breek of ʼn ellelange boodskap met fênsie woorde te wees nie.

ʼn Eenvoudige kaartjie of WhatsApp-boodskap met een van dié aanhalings saam met ʼn ‘Dankie vir wat pa vir my doen en beteken’ kan net so spesiaal wees:

  • “Die beste ding wat jy op jou kinders kan spandeer, is jou tyd.” – Louise Hart
  • “Kinders het sterk arms nodig om na toe te hardloop as hulle in nood verkeer. Hulle het ʼn skoot nodig om op te sit terwyl hulle nog klein is. Hulle het ʼn oor nodig wat na hulle drome en wedervarings sal luister en ʼn vriend en raadgewer wat met hulle sal gesels.” – Anniéria McFarlane
  • “Kinders is geskep om te vlieg, maar hulle het wind nodig: die ondersteuning van en krag wat kom van onvoorwaardelike liefde, aanmoediging en gebed.” – GG Tchividjau
  • “Mense wie se kinderjare vertroetel was, bewaar altyd in hulle hart iets van die lekker warmte van die nes.” – A Theuriet
  • “Die beste onderwyser is nie ondervinding nie, maar voorbeeld.” – John Coyle
  • “Wyse pa’s weet hul waarde lê nie in die dinge wat hulle vir hulle kinders doen nie, maar in wat hulle hulle kinders leer om self te doen.” – Billy Graham
  • “Dit het ek van my pa geleer: om die goeie dinge wat die lewe hom in oorvloed gegee het, sonder oordaad te geniet. Maar ook sonder skroom wen suinigheid. Hy kon ewe goed sy weelde geniet óf daarsonder klaarkom.” – Christina Onassis
  • “Die kwaliteit van ʼn kind se verhouding met sy of haar pa is een van die heel belangrikste bepalende faktore vir dié kind se latere reaksie teenoor die wêreld.” – Jack Nicholson
  • “Dit maak nie soveel saak wie my pa was nie, wat saak maak, is hoe ek hom onthou.” – Anne Sexton
  • “My pa het my die grootste geskenk gegee wat een mens vir ʼn ander mens kán gee: hy het in my geglo.” – Jim Valvano

Die aanhalings verskyn in Die groot boek van Christelike aanhalings en is met vergunning van Christelike Uitgewers Maatskappy (CUM) gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Witwolf ·

Laurika op Twitter :
My Dad was my hero! Dink nie ek het al ooit in my lewe ‘n man ontmoet met so mooi hart nie, hy het my als geleer! My geleer om altyd op my eie twee voete te staan, my geleer ‘n goeie hart is goud werd! Ek was sy prinses en hy my held! Gelukkige Vadersdag aan al die Vaders vandag!???? https://t.co/Q8DCewU84Q

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.