Van der Waltskoot

Uitdrukking:
Iemand skiet ‘n Van der Waltskoot

Betekenis:
Absoluut akkuraat skiet

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking word gewoonlik foutief aan kommandant Tjaart van der Walt gekoppel, om verder tot sy dapperheid by te dra. Die uitdrukking het egter uit die optrede van Tjaart se broerskind, Johannes Petrus, ontstaan.

Johannes Petrus was 9 jaar oud in 1802 en die familie het op twee plase, Wolwekop en Elandsfontein, aan die oostelike hange van die Renosterberg en suid van Middelburg, Kaap-provinsie gewoon. Presies waar die voorval plaasgevind het is onseker, maar dit blyk dat dit op die plaas Wolwekop gebeur het.

Johannes Petrus Sr. het die verhaal met trots aan die goewerneur en sy geselskap drie jaar later oorvertel en sy littekens as bewys getoon.

Pa en seun het een oggend, voor sonop, te perd gaan jag. Dié oggend het hulle egter ʼn leeumannetjie teëgekom wat rustig in die paadjie lê en slaap het. Hulle moes die dier wakker gemaak het met hulle aankoms, want die volgende oomblik vlieg die leeu daar op en met een sprong land hy op die Pa. Hy het sy kloue in die man se linkerdy ingeslaan. Met dié het die perd so groot geskrik dat hy dadelik op loop gesit het, met leeu en Van der Walt agterop.

Die jong seun het dadelik omgeswaai en die drie dapper agternagesit. Hy het hulle ingehaal en toe hy so tien treë weg is, ʼn skoot afgevuur en die leeu met ʼn kolskoot getref!

Dís nou vir jou ʼn Van der Waltskoot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.