Veels geluk, Afrikaans!

afrikaans-90Afrikaans is vanjaar 90 jaar jonk en Maroela Media gaan seker maak dat ons die hele jaar lank fees vier!

Maroela het reeds met ʼn reeks artikels begin wat oorspronklik in die boek, Hoekom Afrikaans? gepubliseer is. Die bekroonde skrywer Francois Bloemhof het byvoorbeeld spesiaal ʼn bangmaakstorie vertel – omdat dit in geen ander taal so lekker sou skryf nie.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, word ʼn taal nie bevorder deur die heeltyd die bedreigings te beklemtoon nie, maar deur opwindende planne aan te pak wat sy sprekers se verbeelding aangryp. “Daarom behoort alle Afrikaanssprekendes 2015 as Taaljaar te verklaar, en die amptelike erkenning van Afrikaans met dieselfde wilskrag en daadkrag vier waarmee ons taal opgebou is,” skryf hy. Lees verder.

“Wanneer jy Afrikaans kies, is dit ’n keuse teen middelmatigheid en vir die eiesoortige kreatiwiteit van hierdie jong taal wat so geesdriftig in die skeppende kunste uitgeleef word,” skryf Alana Bailey. “Elkeen wat Afrikaans kies, versterk die taal en ons gemeenskap se toekoms. Ons is die waterdruppels wat Afrikaans laat floreer en gedy.”

Natuurlik kan jy ook met Maroela Media se Taaltoffie op hoogte bly met die herkoms van uitdrukkings en idiome, die mooiste gedigte en die interessantste woorde (dis gratis!).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hannes Deetlefs ·

Afrikaans
Afrikaans is trots, springlewendig, twis en stry, sing en lag in vrolike, kleurige, geurige beelde: Fantasties beskrywend, “tuinslang” vir “pyp” is voorbeeld van sy onmeetlike woordeweelde!
Rugsteunend is woorde van geloof, van troos, van hoop en sterkte, wat siekes en swakkes opbeur.
In alles is Afrikaans tuis, dit kan dig en bid, troos, grappig of dreigend klets, skinder en versteur.
Klein Ondeug, moeders sorg en skat, haar lus, haar las, haar vreug*
Aangrypend die krag, die helder, suiwer klank van iedere woord verheug!
Altyd volmaak: Die taal se woorde dans parmantig en speel, van heelhartige emosies gedrewe, Natuurlik en propvol geesdrif, borrelend vrolik, kragtig en kielierig spontaan of volkome verhewe:
So gee die uitgekryte, vergruisde en verdoemde taal dag vir dag woorde vir ons ganse lewe.

Is jy dalk die duiwel in, neerslagtig weer, ongelukkig, sonder hoop? Is jou hart baie seer?
Sien, Afrikaans is nie sommer “mogetroffe” nie, daar is altyd ʼn woord of twee of selfs drie:

Dan is woorde soos “deksels”, “eina!”, “sjoe”, “tjankbalie”, “ditsem”, “aitsa” en “siestog” gevra,
In verdigsels of “wolhaarstories” vertel jy langdradig wat jou in jou lewe so vreeslik, so triestig pla.
Eie die dubbele “nie”, want met “Nie meer nie!” hou jy op met kla en jy sê “Ja-nee” vir jou “Ja!”

Treffend is die Afrikaanse woord in klank, in duidelikheid en mening,
Altyd vir alles gereed, van vloek tot gebed, versoening en seëning.
Alles word netjies en presies en klankvol bewoord, in die geroesemoes van ons lewe vasgepen:
Lewendigheid, erns en spot, hoop, geloof en krag is dit wat Afrikaans altyd weer sal laat wen!
Hannes Deetlefs
* bron: Jan F.E. Celliers, Die vlakte en andere gedigte. Volkstem-drukkerij, Pretoria 1908

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.