Verbeter jou Afrikaans speel-speel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Nuwe webwerf, beterafrikaans.co.za, help jou om speel-speel beter in Afrikaans te skryf.

“Die webwerf is bedoel vir almal wat probleme met alledaagse spelling het, of sommer as jy daarvan hou om op jou spellingtone gehou te word,” lui ʼn verklaring op die webwerf. “Gewone woorde, moeilike woorde en algemene foute word getoets. Die spelling- en skryfhulp is so eenvoudig en kort as moontlik gemaak sodat jy dit maklik kan onthou.”

Jy kan self kies op watter vlak jy registreer (vlak 1 = maklik tot vlak 3 = moeilik). Die webwerf stuur dan daagliks vir jou ʼn e-pos met ʼn eenvoudige toets wat jy sommer vinnig kan voltooi. Jy kan ook jou puntestand dophou en jouself vergelyk met die ander deelnemers.

Die webwerf bied ook wenke en skryfhulp oor taalreëls waaroor gebruikers gewoonlik struikel, soos los of vas skryf van woorde, meervoude, uitdrukkings en selfs weetwoorde.

“Beter Afrikaans is daar om jou te help: ‘n vriendelike assistent wat jou in staat stel om beter in Afrikaans te skryf.”

Klik hier om die webwerf te besoek en registreer sommer dadelik!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.