Verbeter jou gemeenteblad met dié eendagkursus

Argieffoto

Argieffoto

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, bied op 27 Augustus ʼn enkeldagkursus oor die skryf van ʼn gemeenteblad aan.

Dié kursus sluit die taalgebruik, inhoud en uitleg van ʼn suksesvolle gemeenteblad in. Ander platforms, soos sosiale- en digitale media sal ook bespreek word.

Dié kursus word aangebied vir gemeentes of individue wat hierdie belangrike kommunikasiemiddel in hul plaaslike gemeentes wil verbeter.

Van die aanbieders sluit die kommunikasiekundiges drr. Thalyta Swanepoel en Alé Steyn in.

Die kursus vind plaas op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.

Koste beloop R750-00 per persoon. Bewys van betaling moet die inskrywing vergesel. Stuur ook ʼn voorbeeld van jou gemeenteblad voor die sluitingsdatum na [email protected]. Inskrywings sluit Vrydag, 12 Augustus. ʼn Beperkte aantal kursusgangers kan geakkommodeer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.