Video: Afrikaans in Korea

Jan Pierewiet word nou selfs in Korea gesing! Kyk na dié oulike video wat deur die gebruiker Karindabelle op YouTube gelaai is. Die gebruiker verduidelik dat hulle al die liedjies vir die kinders eers in Engels vertaal en selfs vir hulle inkleurprente gee om die liedjie beter te verstaan. Iemand het ook die liedjie vir die ouers in Koreaans verduidelik voordat die kinders die volkspele uitgebeeld en die liedjie gesing het. Die kinders voer ook Ek soek na my Dina en Afrikaners is plesierig op. Die kinders geniet glo hul gate uit!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.