[Video] Afrikaanse Wikipedia: Só maak mens

Foto: upload.wikimedia.org

Foto: upload.wikimedia.org

Wou jy al ooit ʼn Afrikaanse bydrae lewer op Wikipedia, maar was onseker hoe? Maroela Media het pas drie opleidingsvideo’s beskikbaar gestel oor hoe om Afrikaanse artikels vir Wikipedia te vertaal en te skryf.

Hierdie video’s spruit uit ʼn projek waarmee Maroela en ander liefhebbers van Afrikaans help om Wikipedia in Afrikaans uit te brei – nie net om Afrikaans te help bevorder nie, maar ook om leerders te help met navorsing vir skooltake. Lees die berig hier.

Keren van den Berg, projekbestuurder by Maroela Media, sê verskeie mense het reeds opleiding in Gauteng ontvang. Talle ander persone wil ook graag betrokke raak, maar woon nie noodwendig naby genoeg of self in die land of in groot stede vir dié opleiding nie.

“Mense kan nou in die gemak van hul huis sit en Afrikaanse artikels skryf of vertaal. Daar is drie video’s wat baie mooi verduidelik hoe om artikels op Wikipedia te publiseer,” verduidelik Van den Berg.

Deel 1 handel oor die registrasie as gebruiker op die Afrikaanse Wikipedia en hoe om in en uit te teken. Deel 2 handel oor die vertaling van bestaande artikels en deel 3 oor die skep van ʼn nuwe artikel of om ʼn bestaande artikel te redigeer.

“Nadat mense hierdie drie video’s gekyk het, sal hulle presies weet wat om te doen. Ons wil almal aanmoedig om betrokke te raak omdat hulle op so ʼn manier help om Afrikaans te bevorder en ook ʼn nalatenskap te los.”

Een van die vertalers wat reeds opleiding ontvang het, Annelize Jansen van Rensburg, sê mense kla gereeld oor Afrikaans wat gaan uitsterf, maar dat hulle nie noodwendig iets daaraan wil doen nie. “Afrikaans is nie besig om uit te sterf nie, want ons gaan dit lewend hou. Hierdie projek gee my die geleentheid om my deeltjie te doen.”

Stuur ʼn e-pos na [email protected] vir navrae of selfs terugvoer oor die artikels wat jy op Wikipedia geplaas het.

Hier is deel 1 van drie van die opleidingsvideo’s. Die skakels na die volgende video’s is in die beskrywing en aan die einde van elke video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.