[Video] Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag

Argieffoto

Argieffoto

Alle Afrikaanssprekendes vier jaarliks op 14 Augustus Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag. Mense word op dié dag aangemoedig om ‘n Afrikaanse boek aan te skaf.

Die projek is deur die Vriende van Afrikaans van stapel gestuur, maar word ook deur onder meer die Afrikaanse Taalraad en die ATKV bevorder.

Die eerste Afrikaanse Taalbeweging het op 14 Augustus 1875 begin toe die Genootskap van Regte Afrikaners onder die leiding van ds. AJ du Toit in die Paarl gestig is. Dit is dus ‘n baie gepaste herdenkingsdag om Afrikaanse skrywers, boeke, uitgewers en boekwinkels te ondersteun. Sedert die eerste “Koop ‘n Afrikaanse Boek-dag” in 2005 het tegnologie behoorlik “ingeskop” sodat ook e-boeke die mark met mening getref het.

Maroela Media doen ‘n beroep op almal wat Afrikaans praat en lees, om op dié dag vir hulself ‘n boek te koop en as dit enigsins moontlik is, ook ‘n boek te skenk vir iemand wat dit nie self kan bekostig nie, of wat dalk nog nooit ‘n boek van sy/haar eie besit het nie.

Besoek Maroela Media se boekrak as jy wonder watter boeke tans beskikbaar is. Lekker lees!

“A blind spot” het die volgende video vervaardig:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.