Video: Naelbyter spelkompetisie in drie tale

spelkompetisie-Talethon-vasvra

Foto: ‘n Skermskoot uit die video.

Baie mense sukkel om woorde in hul moedertaal reg te spel, maar ʼn groep graad 9-leerlinge het gewys hulle kan dit sommer in ʼn tweede, derde en selfs vierde taal doen.

Dié spelkompetisie getiteld die Talethon-vasvrakompetisie, is einde Mei in Johannesburg as deel van die ATKV se meertaligheidsweek aangebied en die wenners was van die Roedean School in Parktown, Johannesburg.

Hierdie insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.