Baie mense sukkel om woorde in hul moedertaal reg te spel, maar ʼn groep graad 9-leerlinge het gewys hulle kan dit sommer in ʼn tweede, derde en selfs vierde taal doen.
Dié spelkompetisie getiteld die Talethon-vasvrakompetisie, is einde Mei in Johannesburg as deel van die ATKV se meertaligheidsweek aangebied en die wenners was van die Roedean School in Parktown, Johannesburg.
Hierdie insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.