Video: Pitch Perfect-aktrise praat ook Afrikaans

Rebel Wilson en Adam DeVine van Pitch Perfect (Foto: Skermskoot uit die video)

Rebel Wilson en Adam DeVine van Pitch Perfect (Foto: Skermskoot uit die video)

Rebel Wilson, een van die aktrises in die fliek, Pitch Perfect wat vandag landswyd begin draai, het in ʼn onderhoud gespog met haar Afrikaanse woordeskat.

Rebel en Adam Devine het met EWN se vermaaklikheidsjoernalis in Amerika, Nadia Neophytou, gesels om die fliek te bemark.

Rebel was onlangs in Kaapstad om Sacha Baron Cohen se rolprent te verfilm en het ook Tafelberg en ʼn paar wildsreservate besoek. Sy groet ook almal in die “Transvaal”.

Adam het gesê hy was ʼn ruk lank in ʼn verhouding met ʼn meisie van Suid-Afrika, maar hy kan nog steeds nie ʼn woord Afrikaans praat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rene ·

Aaaaaaaah dis fantasties! Hoe geniet ek nou daardie. Hoop die tweede fliek is so goed soos die eerste :)

Alki ·

Dit is wonderlik, AFRIKAANS BLY DIE MOOISTE TAAL, Zulu is net so mooi, sy moet net sonbrandroom onthou vir daardie mooi wil vel van haar, hierdie son van ons is erg, selfs in die winter, veral hier bo in die Transvaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.