[Video] Regstreekse vertaling beskikbaar met dié oorstukkie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Wanneer mens na ʼn land reis waar die inwoners ʼn ander taal as jy praat, wil mens graag ʼn paar frases of sinne vooraf leer, maar jy is gewoonlik binne vyf minute nadat jy geland het, ontnugter wanneer niemand verstaan wat jy probeer sê nie.

As dit vir jou bekend klink, is dié gehoorstukkie net wat jy nodig het.

Pilot is ʼn slim gehoorstukkie wat bluetooth-tegnologie gebruik sodat twee persone in verskillende tale met mekaar kan kommunikeer.

Andrew Ochoa van Waverly Labs het dit ontwerp nadat hy ʼn Franse meisie ontmoet het.

Wanneer jy dit dus in jou oor het, en iemand praat Frans, kan jy in Engels verstaan wat hulle sê, en hulle sal jou in Frans kan verstaan.

Albei persone in die gesprek moet die Pilot dra, maar die vervaardiger sal dit twee-twee verkoop, so jy hoef nie ander eienaars op straat te soek nie.

Waverly Labs het nog nie presies verduidelik hoe dit werk nie, bloot dat dit “vertalingstegnologie” gebruik en gekoppel word met ʼn app op jou slimfoon. Die toestel kan aflyn ook werk en die gehoorstukkies kan ook as koordlose oorfone gebruik word as jy na musiek wil luister.

Pilot kan nou vooraf bestel word. Dit is in drie kleure beskikbaar (swart, wit en rooi) en kos tussen $129 – $179 (R2 000 – R2 800). Sodra die beperkte aantal voorafbestellings uitgeput is, sal Pilot vir ongeveer $250 – $300 (R3 900 – R4 600) te koop aangebied word.

Pilot is tans beskikbaar in Engels, Frans, Spaans en Italiaans, maar sal binnekort nog tale aanbied.

Besoek Waverly Labs om jou gehoorstukkie vooraf te bestel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

humor ·

Dit bleik die oplossing te wees vir die taalkwessie op universiteite

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.