Video: Só kan jy Afrikaans help groei

Skermgreep uit die video

ʼn Boom wat nie voeding kry nie, kan nie aanhou groei nie – dit is iets wat ons oral in die natuur kan sien. Net so het ʼn taal ook voeding nodig.

Nou kan jy jou kennis en ervaring met ander Wikipedia-gebruikers deel!

Skoliere maak graag van die Afrikaanse Wikipedia gebruik omdat die inligting dan reeds in Afrikaans beskikbaar is en hulle nie eers alles in ʼn woordeboek moet opsoek voor hulle ʼn taak of projek kan doen nie. Ploeg gerus terug in dié projek!

Het jy geweet? Byna 90 000 artikels is reeds in Afrikaans op Wikipedia gepubliseer, maar daar is nog baie ruimte vir groei.

Wil jy graag deel word van dié opwindende projek? Stuur ʼn e-pos aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.