Vier vandag Wêreld-hardopleesdag

Argieffoto (Foto: Victoria_Borodinova/Pixabay)

Dis vandag Wêreld-hardopleesdag – ʼn dag waarop ons opnuut herinner word aan die belangrikheid en positiewe impak van hardoplees en stories met kinders deel.

Afrikaans.com beskou die geletterdheidskrisis in Suid-Afrika in ʼn ernstige lig en sien daarom die potensiaal in ʼn inisiatief soos Wêreld-hardopleesdag raak.

Voorlees is die beste ding wat jy vir jou kind kan doen

Stories voorlees en deel met kinders is een van die belangrikste dinge wat ʼn ouer of versorger met kinders kan doen, juis omdat dit ʼn sterk basis vir taal vaslê, kinders se woordeskat uitbrei en ’n groot rol in die ontwikkeling van empatie, nuuskierigheid en kritiese denke speel. Gehalte onderrig is ononderhandelbaar, maar boublokke soos lees en storievertelling moet gevestig word.

Elkeen van ons kan ʼn verskil maak en bydra tot ʼn Suid-Afrika waar kinders vir genot, betekenis en begrip lees. Begin sommer vandag nog en moedig kinders aan om hardop te lees, maar staan ook tyd af om gereeld saam met jou kind te sit en stories lees of vertel – al kan jou kind reeds self lees – jy sal verbaas wees waarmee die kleingoed vorendag kom as jy hulle aanmoedig om hulle eie stories op te maak!

Jy kan ’n verskil maak met Nalibali se uitdaging: #WRADChallenge2019

Die organisasie, Nalibali (Nal’ibali in isiXhosa vir “hier’s die storie”) vra dat die publiek hulle moet help om hulle doelwit om vanjaar op Wêreld-hardopleesdag hardop vir 1.5 miljoen kinders te lees, te verwesenlik.

Wat jy moet doen:

  • Gaan plaas jou belofte op Nalibali se webwerf. Hiermee belowe jy om vandag hardop vir die kinders in jou lewe voor te lees.
  • Volg die stappe op die webwerf.
  • Klik hier om vanjaar se storie (“Waar is jy?” deur Ann Walton) op die webwerf af te laai. Jy kan die storie in enige van Suid-Afrika se amptelike tale aflaai.

Deel gerus enige video’s of foto’s van die dag met Afrikaans.com

Stuur ʼn e-pos aan [email protected] of stuur dit per WhatsApp aan 064 652 6873

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marisa Haasbroek ·

Gaan kyk ook gerus na die YouTube video waar spraak- en taalterapeut Hannekie Verwoerd so mooi verduidelik waarom hardop voorlees die beste ding is wat jy vir jou kind kan doen. https://youtu.be/qdQRF_JPFZo

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.