WAT-handelsnaamkompetisie: Skryf jóú onderneming in

Personeel van “SKEP” (v.l.n.r.) Frederik Lotter, Geraldine Heyns-Lotter, Carla Gerber, Zeni Williams-Jones en Christi du Plessis saam met dr. Willem Botha (Foto: Verskaf deur die WAT)

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is op soek na die treffendste Afrikaanse handelsnaam!

Die WAT se handelsnaamkompetisie begin vandeesweek en die enigste voorwaarde is dat dié naam vir R100 geborg of vir R5 000 gekoop moet word in die WAT se Borg ‘n Woord-projek.

Dr. Willem Botha, uitvoerende direkteur van die WAT, het gesê een van die eerste inskrywings is “SKEP”, die naam van ‘n argiteksfirma in Stellenbosch. Die wenner sal by ‘n Woordpret-geleentheid van die WAT aangekondig word en die wenner sal ook ‘n spesiaal ontwerpte sertifikaat van die WAT ontvang. Ander vroeë inskrywings is “Knus Karoo Kombuis” in die Paarl en “Platsak”, ‘n vulstasie en winkel in Witrivier.

Besoek www.wat.co.za om deel te neem aan Borg ‘n Woord en bel 021 8873113 of stuur ʼn e-pos aan [email protected] om die naam van jou onderneming in te skryf vir die Afrikaanse handelsnaamkompetisie. Botha moedig diegene aan wat reeds hul onderneming se naam geborg of gekoop het, om vir dié kompetisie in te skryf.

“Ons moedig almal ook aan om vir ons treffende Afrikaanse handelsname in te stuur sodat ons die eienaars kan nooi om deel te neem aan die kompetisie. Hou dus jou oë oop vir treffende name!” het Botha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.