WAT Woord van die Week: kinkel

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
kinkel (kinkels; kinkeltjie; ook soms kink)

Betekenis:
1. Skerp buig, knak of draai in ‘n tou, draad, kabel of ketting: Die draad was nie reguit nie, maar vol draaie en kinkels. Sit daardie skakel reg sodat die kinkel uit die ketting kan kom. Die vislyn is vol kinkels en jy sit netnou met ‘n kraaines.
2 Oulike, slim, soms skelm plan, bv. deur ‘n ander wending of interpretasie aan iets te gee; ook kinkeldraai, kinkelslag: Hy sal altyd met ‘n kinkel uit die moeilikheid kom (Mikro). ‘n Oulike nuwe kinkel in binnenshuisversiering (Die Burger).

‘n kinkel in die kabel (soms derm): ‘n Onvoorsiene moeilikheid of wending.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.