WAT Woord van die Week: Moedertaal

Argieffoto (Foto: Blanka, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Blanka, Pixabay)

Woord:
moedertaal

Betekenis:
Taal wat eerste aangeleer word, gewoonlik hoofsaaklik deur die toedoen van die moeder, of taal wat die meeste in die huis gebruik word, waarmee iemand die beste kan identifiseer of wat iemand die beste ken.

Uitdrukking:
aan moedersknie of aan moedersknie leer

Betekenis:
Van baie jonk af, of van baie jonk af leer: Aan moedersknie het ons geleer bid.

Woord:
moederweelde

Betekenis:
Vreugde van moederskap: Roep voor u aandag op die jong vrou wat die eerste moederweelde kon smaak (J.D. du Toit: Werke III, 1960, 174).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.