Die Andrew Murray-prysfonds wat uitnemendheid in die Christelike media bevorder, het pas die wenners van vanjaar se pryse vir Christelike en teologiese boeke bekendgemaak.
Die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk
Dié prys vir debuutwerk in ʼn amptelike taal van Suid-Afrika is deur die 32-jarige Lauren Jacobs gewen vir haar boek Yehudit: Chosen by God (uitgegee deur Lux Verbi). Dit is ʼn roman oor Yehudit/Judit, ʼn vrou uit die Ou-Testamentiese apokriewe geskrifte. Sy word in dié boeiende roman uitgebeeld as ʼn kryger van God, ʼn vrou wat as regter en vredemaker optree en honderde jare gelede ʼn bres vir haar geslagsgenote geslaan het. Die beoordelaars skryf dat “die sterk vrouekarakter ʼn uiters belangrike tema is om te ontgin, en in hierdie boek word dit baie goed gedoen”.
Die Andrew Murrayprys vir Afrikaanse teologiese boeke
Coenie Burger en Andries Cilliers is aangewys as wenners vir hulle boek oor die doop, Ontvang wat vir jou gegee is (uitgegee deur Bybel-Media).
Die Andrew Murray-Desmond Tutuprys vir algemeen-Christelike en Teologiese publikasies in ʼn amptelike taal van Suid-Afrika
Yolande Korkie vir haar boek, 558 days (uitgegee deur CUM).
Die Andrew Murray-FAK-toekenning vir Christelike Musiek gaan aan Annelise Wiid vir haar unieke bydrae tot ons Christelike musiekskat.
Die pryse en toekennings word op 5 Mei op Wellington uitgedeel.
Baie geluk aan die Wenners van die Andrew Murray-toekennings ter bevordering van uitnemendheid in die Christelike media.
Baie geluk, Annelise Wiid met jou Godgegewe bydraes.
Baie geluk, Annelise Wiid met jou Godgegewe bydrae.
Ek verstaan hierdie is pryse vir Christelike lektuur/boeke.
Wat maak Desmond Tutu se naam dan tussen die prysgewers?