Die wenners van die ATKV-Woordveertjies is Vrydag tydens ʼn feestelike geleentheid in Durbanville aangewys.
Sandra Prinsloo was die gasvrou saam met ʼn groep jong en talentvolle akteurs soos Cintaine Schutte, Carel Nel, Whaden Johannes, Greta Pietersen en Bianca de Klerk.
Die Woordveertjies, onder leiding van regisseur Hennie van Greunen, was meer as ʼn gewone toekenningsgeleentheid – dit was toekenningsteater in die ware sin van die woord en ʼn viering van die Afrikaanse woordkuns.
ʼn Spesiale ATKV-Woordveertjie is aan Litnet toegeken vir Uitnemende Bydrae tot die Woordkuns. Litnet is die oudste Afrikaanse virtuele gemeenskap en is in 1999 gestig met Etienne van Heerden as stigter-redakteur. Dit spog reeds met meer as 170 000 bydraes in die argief.
Kamphoer van Francois Smith is vereer met die ATKV-Prosaprys, terwyl Mede-wete van Antjie Krog bekroon is met prys vir poësie.
Die volledige lys van wenners is as volg:
Woordveertjie vir ʼn Liefdesroman:
Ewebeeld – Chanette Paul
Woordcveertjie vir Romanses:
Ridder in ʼn wit jas – Marie-Louise Steyn, wat skryf onder die skuilnaam Amelia Strydom
Woordveertjie vir Spannningslektuur:
Donker spoor – Martin Steyn
Woordveertjie vir Dramateks:
Die dag is bros – Wessel Pretorius
Die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse:
Die Ju |’hoan Tsumkwe Dialect/Prentewoordeboek vir Kinders/Children’s Picture Dictionary, 2014 (Samestellers: Kerry Lee Jones en Tsemkgao Fanie Cwi met ʼn redaksiespan.)
Toekenning vir leesbevordering in Afrikaans:
Storiewerf – Prof. Franci Greyling.
Wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings:
Voorleeskategorie: Graad RR – 1
- Skrywer: Marita van der Vyver (LAPA Uitgewers) – Die coolste ouma op aarde
- Illustreerder: Zinelda McDonald (LAPA Uitgewers) – Die coolste ouma op aarde
Selfleeskategorie: Graad 2 – 3
- Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Plons
- Illustreerder: Arnelle Woker (LAPA Uitgewers) – Plons
Selfleeskategorie: Graad 4 – 5
- Skrywer: Elizbè van der Colff (Tafelberg) – Nina en die funky eksperiment
- Illustreerder: Chris Venter (Tafelberg) – Nina en die funky eksperiment
Selfleeskategorie: Graad 6 – 7
Skrywer: Jaco Jacobs (Tania Brink) (LAPA Uitgewers) – Wian Verwey het ʼn crush op my
Selfleeskategorie: Graad 8 – 10
Skrywer: Marisa Haasbroek (LAPA Uitgewers) – Iewers vlieg daar fairy dust