Woordveertjies vereer uitblinkers in woordkuns

V.l.n.r: Zinelda McDonald, Marisa Haasbroek, Fanie Viljoen, Chris Venter, Elizbè van der Colff en Arnelle Woker. Foto: Juan du Plessis.

V.l.n.r: Zinelda McDonald, Marisa Haasbroek, Fanie Viljoen, Chris Venter, Elizbè van der Colff en Arnelle Woker. Foto: Jean du Plessis.

Die wenners van die ATKV-Woordveertjies is Vrydag tydens ʼn feestelike geleentheid in Durbanville aangewys.

Sandra Prinsloo was die gasvrou saam met ʼn groep jong en talentvolle akteurs soos Cintaine Schutte, Carel Nel, Whaden Johannes, Greta Pietersen en Bianca de Klerk.

Die Woordveertjies, onder leiding van regisseur Hennie van Greunen, was meer as ʼn gewone toekenningsgeleentheid – dit was toekenningsteater in die ware sin van die woord en ʼn viering van die Afrikaanse woordkuns.

ʼn Spesiale ATKV-Woordveertjie is aan Litnet toegeken vir Uitnemende Bydrae tot die Woordkuns. Litnet is die oudste Afrikaanse virtuele gemeenskap en is in 1999 gestig met Etienne van Heerden as stigter-redakteur. Dit spog reeds met meer as 170 000 bydraes in die argief.

Kamphoer  van Francois Smith is vereer met die ATKV-Prosaprys, terwyl Mede-wete van Antjie Krog bekroon is met prys vir poësie.

Die volledige lys van wenners is as volg:

Woordveertjie vir ʼn Liefdesroman:

Ewebeeld – Chanette Paul

Woordcveertjie vir Romanses:

Ridder in ʼn wit jas – Marie-Louise Steyn, wat skryf onder die skuilnaam Amelia Strydom

Woordveertjie vir Spannningslektuur:

Donker spoor – Martin Steyn

Woordveertjie vir Dramateks:

Die dag is bros – Wessel Pretorius

 Die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse:

Die Ju |’hoan Tsumkwe Dialect/Prentewoordeboek vir Kinders/Children’s Picture Dictionary, 2014 (Samestellers: Kerry Lee Jones en Tsemkgao Fanie Cwi met ʼn redaksiespan.)

Toekenning vir leesbevordering in Afrikaans:

Storiewerf – Prof. Franci Greyling.

Wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings:

Voorleeskategorie: Graad RR – 1

  • Skrywer: Marita van der Vyver (LAPA Uitgewers) – Die coolste ouma op aarde
  • Illustreerder: Zinelda McDonald (LAPA Uitgewers) – Die coolste ouma op aarde

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3

  • Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Plons
  • Illustreerder: Arnelle Woker (LAPA Uitgewers) – Plons

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5

  • Skrywer: Elizbè van der Colff (Tafelberg) – Nina en die funky eksperiment
  • Illustreerder: Chris Venter (Tafelberg) – Nina en die funky eksperiment

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7

Skrywer: Jaco Jacobs (Tania Brink) (LAPA Uitgewers) – Wian Verwey het ʼn crush op my

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

Skrywer: Marisa Haasbroek (LAPA Uitgewers) – Iewers vlieg daar fairy dust

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.