Wouter gaan nou by dié lesers bly

wouter-weet-klavier2.jpg

Wouter is vandag, 8 Maart 2024, twee jaar oud!

So op Wouter se tweede verjaarsdag gebeur daar baie opwindende dinge. Wouter Weet, die slimkop van Weet wat alles weet, het nog twee nuwe tuistes bygekry. Nou gaan hy behoorlik reis en nog slimmer word sodat hy die kinders, onderwysers en ouers wat gereeld op Weet rondsnuffel, nog meer kan help met betroubare inligting. Skooltake, uitwerk van praatjies en selfs voorbereiding vir ʼn klas was nog nooit so maklik nie.

Die twee gelukkige wenners is Annemie Laurens en Carol Roux.

Annemie, wat in Boksburg woon, is baie opgewonde om vir Wouter ʼn tuiste te gee. Sy is van voorneme om hom sommer baie Bosveld toe te neem. Carol, ‘n Pretorianer, wil hom sommer oral heen neem, en dit wil voorkom of hy ook nog baie van skolesport gaan leer.

Eersdaags sal daar terugvoer gegee word oor waar Wouter hom oral bevind het.

Besoek gerus weet.co.za, ʼn Afrikaanse digitale ensiklopedie. Dié inligtingsbron is boordensvol van alles wat ʼn leergierige Afrikaanse skolier, onderwyser en ouer wil weet. Gaan lees ook van die groot geskenk wat Weet vir sy 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.