#WysJouWoord-kompetisie: Kies jou wenner

‘n Paar van die inskrywings

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se kompetisie vir leerders om hul gunstelingwoord visueel uit te beeld, was ’n groot sukses. Die kompetisie is aangebied in aansluiting by die viering van Afrikaanse Taaldag op 14 Augustus 2020. Leerders van 18 jaar en jonger het woorde deur foto’s, sketse, skilderye en tekeninge uitgebeeld.

“Die inskrywings vir die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se #wysjouwoord-kompetisie is ’n toonbeeld van die Afrikaanse jeug se liefde vir die taal en hul skeppende vermoë om hierdie liefde uit te beeld,” sê dr. Willem Botha, uitvoerende direkteur en hoofredakteur van die WAT. “Ons gee graag spesiale erkenning aan al die Afrikaans-onderwysers wat hul leerders aangemoedig het om deel te neem. Dit is opvoeders soos hulle wat verseker dat Afrikaans steeds ’n groeiende taal is.”

Die woordkeuse sluit ’n groot verskeidenheid in, van aartappel en appelliefie tot vuurvreter en warmbrak. Tongknopers soos gespikkeldeminiatuurgroentekewer is gekomplementeer met nuutskeppings soos fonteinshampein, kierieverlof en papiertjievleis. Natuurlik was al die “lekker” woorde soos braai, roomys en vakansie ook daar.

“Dit was vir ons ’n uitdaging om ’n kortlys saam te stel. Elke inskrywing is oordeelkundig oorweeg, met oorspronklikheid, skeppende voorstelling en die ouderdom van die deelnemer as riglyn,” sê dr. Gerda Odendaal, mederedakteur by die WAT. “Ons vra nou die publiek se hulp om uit ’n kortlys van 20 die 10 finaliste te bepaal.”

Die internasionaal bekroonde skrywer Deon Meyer, voorheen beskermheer en tans trustee van die WAT Trust, het ingestem om die wenner en twee naaswenners uit die 10 finaliste aan te wys.

Die stemming vind plaas op Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Facebook-blad, waar al die inskrywings ook besigtig kan word. Besoek https://www.facebook.com/diewoordeboek om jou stem vir jou gunsteling uit te bring. Die stemproses duur tot en met Vrydag 4 September om 17:00.

Die kortlys is alfabeties volgens gunstelingwoord:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.