Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die Suid-Afrikaanse regering, sake- en arbeidsektor gelukgewens nadat Statistiek SA aangekondig het die ekonomie het in die tweede kwartaal met ʼn verrassende 3,3% gegroei.
Alles deur die skrywer African News Agency
Sanef veroordeel intimidasie van joernaliste
Die Suid-Afrikaanse redakteursforum (Sanef) het Dinsdag gesê hy is baie bekommerd oor die vyandigheid en intimidasie wat Maandag teenoor joernaliste voor die ANC se hoofkantoor, Luthuli Huis, in Johannesburg getoon is.
Vodacom se goeie nuus vir Gautrain-gebruikers
Vodacom het Dinsdag bekend gemaak dat hy sy hoëspoed-LTE-netwerk (sogenaamde 4G) op meeste Gautrain-roetes kan bedien, en dit sluit 4G+ in die ondergrondse tonnels in – ʼn eerste in Suid-Afrika.
UKZN-geboue aan die brand gesteek; lesings opgeskort
Die Universiteit van KwaZulu-Natal het lesings opgeskort terwyl studente, kampussekuriteit en die polisie gebots het by die instansie se Howard College, Pietermaritzburg- en Westville-kampusse.
17 haweloos ná geweld in die Oos-Kaap
Die Alfred Nzo-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap het voortslepende geweld by Nowalala in Ntabankulu veroordeel wat minstens 17 persone haweloos gelaat het.
Johannesburg: Boete as jy water mors
Inwoners van Johannesburg kan binnekort beboet word indien hulle nie aan die waterbeperkings voldoen nie, het die Stad Dinsdag gesê.
Pa gevonnis ná baba se dood
Igshaan Price, ʼn 44-jarige pa van Kaapstad, is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op sy drie weke oue babaseuntjie.
Robert McBride se skorsing onwettig
Die konstitusionele hof het Dinsdag bevind dat Nathi Nhleko, die minister van polisie, se besluit om Robert McBride as hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) te skors, onwettig en ongegrond was.
Eskom verhaal byna R40 miljoen in Soweto
Soweto skuld Eskom sowat R4 miljard in agterstallige betalings, terwyl die kragvoorsiener ongeveer R2 miljard ʼn jaar weens onwettige elektrisiteitsaansluitings verloor.
UKZN-betogings: Voertuie, gebou verwoes
Ses voertuie en ʼn gebou op die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Westville-kampus is heeltemal verwoes nadat dit tydens studentebetogings aan die brand gesteek is.
Minstens 13 vas ná geweld op UKZN-kampusse
Minstens 13 studente is in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings Maandag die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Pietermaritzburg- en Howard Kollege-kampusse tot stilstand gedwing het.
Agt vas toe huise brand ná moord
Agt verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn man Saterdag in Barberton, Mpumalanga, dood is nadat hy aangerand is en sy vriende se huise daarna aan die brand gesteek is.
Inhegtenisnemings volg ná gewelddadige betogings
Ses persone is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings en vandalisme in Limpopo.
Gewapende rowers slaan toe op Bloem-vulstasie
Die polisie in die Vrystaat is op soek na gewapende rowers wat Maandagoggend vroeg toegeslaan het op ʼn vulstasie in Fleurdal, Bloemfontein.
EFF ontken hy finansier #OccupyLuthuliHouse-veldtog
Dali Mpofu, voorsitter van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Maandag bewerings deur die ANC-jeugliga ontken dat hy agter die #OccupyLuthuliHouse-veldtog sit en R5 miljoen aan die organiseerders gegee het wat hy van Amerika ontvang het.
Vyfjarige sterf: Onskuldig aan verkragting, skuldig aan moord
Die ma van die vyfjarige Anovuyo Ndamase het haar kop in ongeloof geskud toe die Wes-Kaapse hooggeregshof Bongani Dlamini vrygespreek het op aanklag van verkragting en ontvoering.
#OccupyLuthuliHouse-lede oorhandig memorandum
ʼn Gespanne atmosfeer het Maandag voor die ANC se hoofkantoor, Luthuli Huis, in die Johannesburgse middestad geheers waar lede van die #OccupyLuthuliHouse-veldtog saamgetrek het.
Jayde Panayiotou-‘skieter’ in ʼn koma
Sizwezakhe Vumazonke, een van die vier verdagtes wat tereg staan vir die moord op die Oos-Kaapse onderwyseres, Jade Panayiotou, is in ʼn koma nadat hy verlede maand in die hospitaal opgeneem is.
DA staan heraanstelling van SAL-voorsitter teen
Mmusi Maimane, die leier van die DA, het gesê die party sal die heraanstelling van Dudu Myeni as voorsitter van die raad van die SAL teenstaan.
‘Volgende president moet ʼn vrou wees’
Die volgende president van die ANC moet ʼn vrou wees, het die ANC Vroueliga (ANCVL) Sondag gesê.