Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag ten gunste van die EFF beslis na aanleiding van uitlatings wat Julius Malema, leier van die EFF, in die parlement oor Marikana gemaak het.
Alles deur die skrywer African News Agency
Vragmotors dalk binnekort taboe in spitstye
Die minister van vervoer het aangekondig dat regulasies oorweeg word om sekere vragmotors in spitstye van die land se paaie te hou.
Durban lyk soos ʼn oorlogsone
Gedeeltes van Durban het laat Dinsdagmiddag soos ʼn oorlogsone gelyk weens geweld tussen plaaslike inwoners en uitlanders.
Eskom pas fase 3-beurtkrag toe
Eskom het Dinsdag gesê fase 3-beurtkrag sal van 18:00 tot 22:00 toegepas word.
Kaapse motoriste gewaarsku oor N2-roofkomplot
Kaapse motoriste word gewaarsku oor ʼn nuwe roofkomplot waar betonblokke op die N2-hoofweg geplaas word om motors tot stilstand te dwing en motoriste dan van hul besittings beroof word.
Vakbondleier op N17 doodgeskiet
Die sekretaris-generaal van die vervoervakbond Satawu is Maandagaand op die N17 in Germiston aan die Oos-Rand doodgeskiet.
Kind (5) sterf ná pa huis afbrand
ʼn Vyfjarige kind van Blydeville naby Lichtenburg in Noordwes is dood nadat sy pa glo die plakkershut waarin die kind was, aan die brand gesteek het.
Kerk in vlamme ná betoging oor grondbesetting
ʼn Kerk is Sondagaand aan die brand gesteek gedurende ʼn gewelddadige betoging in Kalkfontein naby Kuilsrivier in die Wes-kaap.
Twee vas vir Winterton-plaasaanval
Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem op aanklag van diefstal en poging tot moord tydens ʼn plaasaanval in Winterton in KwaZulu-Natal.
Paul Kruger-standbeeld moet binne 7 dae weg wees, sê EFF
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Saterdag geëis dat die stad Tshwane die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria binne sewe dae moet verwyder.
Denel hof toe oor Khayelitsha-grondbesetting
Denel het Vrydag die Wes-Kaapse hooggeregshof genader om ʼn uitsettingsbevel te bekom teen persone wat grond in Khayelitsha, wat aan die wapenvervaardigingsmaatskappy behoort, beset het.
UK-studente beset steeds Bremner-gebou
Studentebetogers het Vrydag gesê hulle sal steeds die Bremner-gebou bly beset, ondanks ʼn bevel van die Universiteit van Kaapstad (UK) se bestuur dat hulle dit moet ontruim.
Twee vas oor onwettige dobbel in Richardsbaai
Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat die Valke en die polisie Vrydag op ʼn onwettige dobbelnes in Richardsbaai in KwaZulu-Natal toegeslaan het.
EFF erken skending van Louis Botha-beeld
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het erken dat twee van sy lede die Louis Botha-standbeeld voor die parlement in Kaapstad geskend het.
Hoë risiko vir beurtkrag
Eskom het gesê daar is ʼn groot moontlikheid dat beurtkrag Vrydag toegepas kan word.
Foto’s: Cecil John Rhodes se standbeeld geskuif
Na wekelange betogings is Cecil John Rhodes se standbeeld Donderdagaand met ʼn hyskraan van die Universiteit Kaapstad se gronde, waar dit vir agt dekades lank gestaan het, geskuif.
Betogings by Medupi-kragstasie
Werkers het Donderdag by die Medupi-kragstasie in Lephalale, Limpopo, betoog en bande aan die brand gesteek.
Cecil John Rhodes se standbeeld ‘te koop’ op Gumtree
ʼn Internetgebruiker het Donderdag ʼn vals advertensie op Gumtree geskep waarin die standbeeld van Cecil John Rhodes by die kampus van die Universiteit van Kaapstad (UK) vir R1 500 “te koop” is.
Oud-Bafana-speler, nege ander vas oor ‘kaping’
ʼn Voormalige Bafana Bafana-sokkerspeler is saam met nege ander verdagtes in Germiston aan die Oosrand in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vragmotor wat sigarette vervoer, probeer kaap het.
Man vas vir Pretoria-dubbelmoord
ʼn 46-jarige man word aangekla van moord nadat hy glo twee mense in Laudium in Pretoria doodgeskiet het.