Die Proteas se opwarmingswedstryd Saterdag in Adelaide, teen ʼn Australiese elftal, is die ideale geleentheid om die fiksheid van veral die snelboulers te evalueer.
Alles deur die skrywer Alida Vorster
Pukke fnuik onoorwonne Tuks in eindstryd
Netbal was Maandagaand die wenner, om ʼn cliché te gebruik, toe die Pukke die onoorwonne Tuks in die eindstryd van die Varsity-netbaltoernooi in die Rembrandtsaal in Pretoria met ʼn enkele doel, 56-55, geklop het.
Proteas maak skoonskip-deurbraak teen Australië
Suid-Afrika het Woensdag op Nuweland in Kaapstad die eerste krieketspan geword om skoonskip te maak in ʼn reeks van vyf eendagwedstryde teen Australië.
Proteas verras met nuweling-draaiers vir toetsreeks
Twee draaiboulers sonder toetservaring, van wie die een in April laas meerdaagse krieket gespeel het, is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span vir die toer na Australië waar drie toetse gespeel sal word.
Varsitynetbalreeks: Pukke, Tuks in stryd om die titel
Die halfeindronde van die Varsitynetbalreeks het Maandagaand verloop soos verwag is. Die Pukke het die Maties op Coetzenburg oortuigend geklop en Tuks het die Madibaz in Pretoria heeltemal oorrompel.
SA een van topses vir Fast 5-kitsnetbal
Suid-Afrika is een van die wêreld se ses voorste netballande wat op 29 en 30 Oktober in Melbourne aan die Fast 5-Wêreldreeks gaan deelneem.
Skoonskip-reeks wink vir Proteas ná vierde sege
Suid-Afrika se krieketspan is op die randjie van ʼn skoonskip-eendagreeks teen Australië ná die vierde maklike sege, met ses paaltjies, op St George-park in Port Elizabeth.
Proteas speel maklik met Zimbabwe in Diamant-eindstryd klaar
Suid-Afrika het Woensdagaand in Westville, Durban, die eindstryd om die Diamant-netbaluitdaagtrofee teen Zimbabwe oortuigend 68-34 gewen.
Miller en Phehlukwayo lei ‘nuwe’ Proteas tot reekssege
David Miller het Woensdagaand op Kingsmead in Durban met ʼn manjifieke 118 onoorwonne lopies ʼn onwaarskynlike oorwinning teen Australië en ook die eendagreeks vir Suid-Afrika beklink.
Proteas teen buurland in Diamant-eindstryd
Die Proteas het Dinsdagaand, op die derde dag van die Internasionale Diamant-uitdaagreeks in Westville, die SA Presidentspan met 56-36 geklop en Zimbabwe het teen Uganda verras en met 42-39 gewen.
Proteas klop ruwe Uganda ná huiwerige begin
Die Proteas het Maandagaand in die tweede ronde van die Diamant-uitdaagtoernooi by die Westville-kampus van UKZN ná ʼn huiwerige begin die vloer met Uganda gevee, en die SA Presidentspan het ewe oortuigend met Zimbabwe afgereken.