Bangladesjiese magte het ʼn luukse Dhaka-restaurant Saterdagoggend bestorm waar swaar gewapende militante talle persone gyselaar gehou het.
Alles deur die skrywer ANA-AP
[Foto’s] Meer as 30 dood ná terreuraanval by lughawe
Paul en Susie Roos van Kaapstad was ook op die lughawe tydens die aanval.
Brexit: Britse pond ry wipplank
Die Britse pond het sy laagste vlak in vyf maande getref ure ná dit die hoogste vlak dié jaar getref het.
Man vas na hy ‘Trump wou vermoor’
ʼn 20-jarige Brit, wat onlangs na die VSA verhuis het, is in Las Vegas in hegtenis geneem en het glo aan die polisie erken hy wou Donald Trump vermoor.
Egipte sê vliegtuigwrak is gevind
Die Egiptiese owerheid het gesê die wrak van die EgyptAir-vliegtuig wat verlede maand in die Middellandse See neergestort het, is gevind.
2-jarige se lyk ‘ongeskonde’ gevind
Die tweejarige seun wat in Orlando, in die Amerikaanse deelstaat Florida, deur ʼn alligator aangeval en in ʼn strandmeer ingesleep is, se liggaam is gevind.
Lyk van 2-jarige wat deur alligator gegryp is nou gesoek
Die tweejarige seuntjie wat in Orlando, in die Amerikaanse deelstaat Florida, deur ʼn alligator aangeval en in ʼn strandmeer ingesleep is, is vermoedelik dood en sy liggaam word nou gesoek.
Minstens 50 dood ná Orlando-skietery
Minstens 50 mense is dood en 53 beseer ná ʼn skieter vroeg Sondagoggend by ʼn nagklub in Orlando, Florida, losgebrand het.
The Voice-sangeres sterf ná skietery
Die sangeres Christina Grimmie is oorlede ná ʼn aanhanger haar drie keer geskiet het terwyl sy handtekeninge uitgedeel het, voor hy homself doodgeskiet het.
Ontvoerde seun en sy ma ná 20 jaar herenig
Maria Mancia het vir meer as 20 jaar lank slegs ʼn enkele dowwe foto van haar seun gehad, nadat hy as 18 maande oue baba ontvoer is.
Clinton sterk op pad na Demokrate-benoeming
Hillary Clinton het ʼn wegholoorwinning behaal in die Maagde-eilandgroep en is nou nog ʼn stap nader om as die Demokrate se presidentskandidaat aangewys te word.
‘Rassistiesste advertensie nóg’
ʼn Maatskappy wat waspoeier vervaardig in Sjanghai, China, moes die week bontstaan nadat sy jongste advertensie beskryf is as die “rassistiesste advertensie nóg”.
Heimlich (96) red vrou vir die eerste keer met sy eie tegniek
Die 96-jarige afgetrede chirurg, wat die Heimlich-maneuver ontwikkel het, het vir die eerste keer in sy lewe dié tegniek gebruik om ʼn 87-jarige vrou se lewe te red.
WGO verwerp versoek om Olimpiese Spele uit te stel
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê daar is “geen regverdiging” om die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro uit te stel of te kanselleer oor die Zika-uitbreking nie.
Trump is VSA se Republikeinse presidentskandidaat
Die miljardêr sakeman Donald Trump het die aantal afgevaardigdes bereik om die Republikeinse nominasie vir die Amerikaanse presidentskap syne te maak.
SA’ner sterf op Everest
Eric Arnold (35) van Nederland en dr. Maria Strydom (34) van Suid-Afrika wat in Australië gewoon het, het op Everest gesterf kort nadat hulle die kruin bereik het.
Ses sterf toe vulkaan uitbars
Ses persone is dood ná ʼn vulkaan in die weste van Indonesië uitgebars het.
Terreuraanval dalk rede vir EgyptAir-vliegtuig se verdwyning
Owerhede het Donderdag gesê dit is meer waarskynlik dat die vliegtuig van EgyptAir wat in die vroeë oggendure tydens ʼn vlug van Parys in Frankryk na Egipte van die radar verdwyn het, neergestort het weens ʼn terreuraanval as weens tegniese probleme.
‘Vermiste’ EgyptAir-vliegtuig het glo neergestort
Verwarring heers of die vliegtuig van EgyptAir, wat Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vlug van Parys in Frankryk na Egipte van die radar verdwyn het, neergestort het.
Baba ná meer as drie dae uit puin gered
ʼn Ses maande oue babadogtertjie is Dinsdag gered uit die puin van ʼn gebou wat Vrydagaand in die Keniaanse hoofstad, Nairobi, ineengestort het.