Minstens vier mense is dood en 15 beseer, nadat ʼn vragmotor Sondag in ʼn groep soldate vasgejaag het terwyl hulle van ʼn bus in Oos-Jerusalem in Israel afgeklim het.
Alles deur die skrywer ANA-dpa
Soektog na vlug MH370 binnekort gestaak
Die soektog na die vermiste Malaysia Airlines Vlug MH370 word binne die volgende twee weke gestaak.
89 dood in tronkonluste
Minstens 89 mense is vandeesweek tydens twee verskillende opstande in Brasiliaanse tronke dood.
Minstens 39 dood ná giftige alkohol
Minstens 39 persone, waarvan meeste Christene wat Kersfees gevier het, is dood en talle is ongesteld nadat hulle giftige alkohol gedrink het.
3 000 uit Moskou-treinstasies ontruim ná bomdreigement
Russiese owerhede het Maandag ongeveer 3 000 persone uit drie treinstasies in sentraal Moskou ontruim weens ʼn telefoniese bomdreigement.
Tsoenami-waarskuwing ná aardbewing in Chili
ʼn Aardbewing van 7.7 het Sondag die suide van Chili getref met ʼn waarskuwing vir moontlik gevaarlike golwe aan die Stille Oseaan-kus van Suid-Amerika.
Boko Haram uit laaste vesting verslaan, sê Nigerië
Nigerië se president het Saterdag gesê die Islamitiese terreurgroep Boko Haram is uit sy laaste vesting in die Sambisa-woud in die noordooste van die land verslaan.
Bekende aktrise oorlede
Die aktrise, wat bekend was vir rolle waarin sy haarself vertolk het, is vermoedelik aan ‘n hartaanval oorlede.
Mugabe staan weer vir president
“Die president moet aan die stuur bly tot hy doodgaan.”
Pous kry meer as 50 000 e-posse vir verjaardag
Pous Franciscus het Saterdag, op sy 80ste verjaardag, al minstens 50 000 e-posse van gelukwensing gekry.
Vliegtuig met talle aan boord verdwyn
ʼn Vliegtuig, met minstens 40 passasiers en bemanningslede aan boord, het oor die noorde van Pakistan verdwyn.
Oudste vrou ter wêreld vier verjaardag
Morano, van Pallanza in die noordweste van Italië, is volgens rekords die enigste lewende mens wie se leeftydperk oor drie eeue, die 19e-, 20ste en 21ste eeu, strek.
Herrie oor dooie visse in ysskaatsbaan
Die ongewone ysskaatsbaan is egter as “wreed”, “walglik” en “minagtend van lewe” beskryf.
Voormalige president sterf op 90
Fidel Castro, die voormalige president van Kuba, is in die ouderdom van 90 in Havana dood.
Tsoenami-waarskuwing ná aardbewing in Nieu-Seeland
Die departement het ʼn beroep op inwoners in laagliggende gebiede aan die Ooskus gedoen om so vinnig moontlik na hoërliggende gebiede te beweeg.
Sanger Leonard Cohen oorlede
Die bekroonde sanger en liedjieskrywer Leonard Cohen is in die ouderdom van 82 oorlede.
Nog ʼn aardbewing skud Italië
Italië is Donderdag weer deur ʼn aardbewing getref, die soveelste een die afgelope maand.
Pretpark-tragedie: Twee van rit geslinger
Twee van die mense wat Dinsdag op ʼn rit by die Dreamworld-pretpark in Queensland, Australië, dood is, is glo van die tuig waarop hulle gery het afgeslinger terwyl twee ander in die tuig vasgekeer was.
Vier sterf op rit by pretpark
“Dit is ʼn baie hartseer dag. Ons gebede is met die families van dié wat geraak word sowel as die nooddienspersoneel.”
Britte gemaan om nie soos narre aan te trek nie
Polisieowerhede in verskeie gebiede in Engeland het inwoners gewaarsku om nie soos “killer clowns” aan te trek nie, ná talle berigte van mense wat glo deur dié neiging in Amerika geïnspireer is.