ʼn Gesin het ná agt jaar hul geliefde troeteldier teruggekry.
Alles deur die skrywer ANA-dpa
Vier sterf tydens brand by Hospice
Al die pasiënte in die Hospice was persone wat nie op hul eie kan beweeg nie. Twee personeellede het probeer om die pasiënte uit die gebou te skuif, maar geslote deure het hul pad versper.
VN verwag 392 000 Nuwejaarsdagbabas
Die Verenigde Nasies het Woensdag gesê na beraming sal daar wêreldwyd op die eerste dag van 2020 sowat 392 000 babas gebore word.
Trump ontplooi nog troepe na Irak
Die Verenigde State van Amerika sal dadelik 750 bykomende soldate na Irak ontplooi, het die Pentagon Dinsdag gesê, ná ʼn groep betogers die Amerikaanse ambassade in Bagdad aangeval het.
Wêreld skud vere reg vir 2020-Nuwejaarsvieringe
Feesgangers van oor die wêreld maak reg om die nuwe jaar – én ʼn nuwe dekade – met groot feestelikhede te verwelkom.
Oostenrykse skiër oorleef sneeustorting wonderbaarlik
ʼn Man van Oostenryk het wonderbaarlik oorleef toe hy tydens ʼn sneeustorting eers ná vyf ure onder die sneeu uitgehaal is.
Krokodil in dieretuin geskiet om bewaarder te red
ʼn Krokodil wat ʼn bewaarder se hand in sy bek vasgegryp het, is in Switserland doodgeskiet, het die direkteur van die Zürich-dieretuin Woensdag gesê.
Minstens 10 dood toe tifoon tref
Minstens 10 persone is in die Filippyne dood in ongelukke weens tifoon Phanfone wat die oostelike en sentrale deel van die land op Kersdag getref het.
Man vas oor ‘Geseënde Kersfees’-rooftog
Volgens ʼn ooggetuie het die rower buite die bank, ná die rooftog, die geld in die lug gegooi en geskree “Geseënde Kersfees!”
175 minderjariges oor 80 jaar mishandel
Die Legionaries of Christ, ʼn beskaamde Katolieke orde wat gestig is deur ʼn man wat later as ʼn pedofiel uitgeken is, het erken dat minstens 33 van sy priesters die afgelope 80 jaar minstens 175 minderjariges mishandel het.
Texas-vrou sterf toe pitbulls haar verskeur
Drie pitbulls het twee vroue in Houston, Texas in die VSA aangeval. Een van die vroue is dood en die ander het ernstige beserings opgedoen.
Sterftes, verwoesting terwyl brande in Australië voortwoed
Meer as 500 brandbestryders probeer in dié stadium om minstens 120 brande in bedwang te bring.
Minstens nege dood toe sikloon Madagaskar tref
Minstens nege persone is dood en drie word vermis toe sikloon Belna die noordweste van Madagaskar getref het.
Man eet toe piesang-kunswerk van R1,7 miljoen
ʼn Piesang wat met kleeflint teen ʼn muur vasgeplak is en as ʼn kunswerk vir $120 000 (ongeveer R1,7 miljoen) verkoop is, is Saterdag verorber.
Duitsers besorg oor staatspensioen, armoede op hul oudag
Slegs 17% van die persone tussen 20 en 65 jaar oud verwag dat die staatspensioen voldoende sal wees op hul oudag.
Staatslening goedgekeur om Alitalia in die lug te hou
Die Italiaanse regering het ʼn nuwe lening van €400 miljoen (sowat R6,4 miljard) toegestaan om die sukkelende nasionale lugredery, Alitalia, aan die gang te hou.
Vier in hof oor beweerde terreur-komplot
Vier persone, wat verbind word met ʼn groep wat daarvan verdink word dat hulle rasgemotiveerde terreuraanvalle by winkelsentrums beplan het, het Maandag in die hof verskyn.
EU doen te min om superkieme te beveg, aldus oudit
Die Europese Unie het baie min vordering getoon in die stryd teen antimikrobiese weerstandigheid, of superkieme, het die Europese Hof van Ouditeure (ECA) Vrydag in ʼn verslag gesê.
Longsiekte weens e-sigarette in Filippyne aangemeld
Die Filippyne het Vrydag sy eerste geval van longsiekte aangemeld weens die gebruik van elektroniese sigarette, wat gewild geword het in dié land, ondanks waarskuwings teen “vaping”.
Slegs vroue neem deel aan dié ruimtewandeling
Nasa-ruimtevaarders Christina Koch en Jessica Meir het Vrydag geskiedenis gemaak toe hulle die eerste slegs-vroue ruimtewandeling onderneem het om ʼn deel van die internasionale ruimtestasie (ISS) te herstel.