En so vind ek die paadjies na die platteland. ʼn Platteland wat ruimte maak vir ʼn soort kabaret van instrumente wat note laat versprei in die klein nou straatjies tussen venstertjies; wat vashou aan hulle verkrummelde plooigesigte van ou Portugese vrouens wat wasgoed ophang tussen vensterrame.
Lees meerAlles deur die skrywer Anina Peens
Die koninkryk van ons bure
As jy graag as ʼn Afrika-boorling wonder hoe jou bure lewe, pak jou 4×4 of gooi ʼn tent in die kattebak, laai ʼn koffieketel en ʼn gasstofie en begin jou reis in Witrivier. Onthou om vleis saam te vat – die Swazi’s het nie skape nie.
Grand Prix in die Karoo
Die Grand Prix word elke jaar in Oktober gehou en is een van die hoogtepunte op die Karoo-kalender. Dit gee ʼn mens weer opnuut waardering vir die dinge wat ons so as vanselfsprekend aanvaar.
[Foto’s] Bali: Eiland van hekse en heuning
Bali is ʼn uitbeelding van stories, kleur, kuns en liefde. Van die romantiese verhale en rusplekke vir verliefdes tot ʼn palet van geskiedenis, taal, musiek en adrenalien.
[Foto’s] Laaste been van ʼn onbeplande reis
Die soeke na myself spoeg my weer uit op ʼn grondpad. Dié keer tussen Springbok en die hoogste punt van die Weskus, net so duskant die Namibiese grens.
Video: Boesmanland vir die reisiger sonder kaart of kompas
Angeline vra my waarheen ek op pad is en kyk vir my met wonder in haar oë, haar skewe tande teen die son gedraai. Ek weet nie waarheen ek op pad is nie en ek sal eers die bestemming verstaan as ek daar aankom, net soos ek Pella ontdek het op die reistog na myself.