Inligting het die ondersoekspan op die spoor van die twee verdagtes gesit wat voertuigkontrolepunte beman en op dié manier vragmotors van die pad afgetrek en gekaap het.
Alles deur die skrywer Anja van der Merwe
Skrywer, historikus Dan Sleigh sterf
“Dan Sleigh het die weg gebaan vir baie aspirant-skrywers in Suid-Afrika.”
Polisielid doodgeskiet tydens rooftog
“By die beamptes se aankoms by die winkel het hulle ses gewapende rowers teëgekom. ʼn Skietgeveg het uitgebreek waartydens konst. Mzwandile Innocent Mthana (34) doodgeskiet is.”
Fochville-moordsaak bly op hofrol
Volgens die regsverteenwoordigers van die beskuldigdes wat vertoë gerig het, mors die staat sy tyd deurdat die saak uitgestel word. Die staat het in antwoord daarop gesê dat dit die verdediging was wat die laaste twee keer om uitstel gevra het om sy vertoë in te dien. Die staat het ook aangedui dat hy gereed is om met die verhoor te begin.
Foto’s: Wêreldbeker-netbaltoernooi skop sierlik af
Die Suid-Afrikaanse vlag het in al sy glorie gewapper tydens die skouspelagtige openingseremonie van die Wêreldbeker-netbaltoernooi.
‘Afrika in beheer van sy eie lot’ – Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag op die tweede Rusland-Afrika-beraad in Sint Petersburg in Rusland ’n toespraak gelewer.
Motoris tydens kaping geskiet
“Een verdagte is noodlottig gewond en die ander verdagtes het in die gekaapte motor gevlug.”
Owerhede slaggereed vir Wêreldbeker-netbaltoernooi in Kaapstad
Die owerhede staan slaggereed om seker te maak die Wêreldbeker-netbaltoernooi wat Vrydag in Kaapstad begin, verloop seepglad en sonder enige ongewenste voorvalle.
Slegte nuus oor brandstofpryse
Diesel en paraffiengebruikers se sakke kan dalk van volgende maand geruk word, met ’n groot styging in dié brandstofpryse wat verwag word.
Beurtkrag terug in Ekurhuleni se hande
Die munisipaliteit het Eskom verseker dat hy beheermaatreëls ingestel het om die uitdagings te hanteer wat hom verhoed het om aan die reëls en regulasies te voldoen.
Tshwane vra kwytskelding van loonverhogings
Die stad is in kennis gestel van sy nienakoming van sekere klousules van die SALGBC se kollektiewe ooreenkoms rakende dissiplinêre prosedures vir die versuim om die finale jaar van die driejaarsalaris- en loonverhogingsooreenkoms vir werknemers te implementeer.
Fase 4 wyk nie
Eskom het aangekondig dat fase 4-beurtkrag tot Saterdag om 05:00 van krag sal wees, gevolg deur fase 3 tot 16:00.
Moedertaalonderrig wérk – Motshekga
“Moedertaalonderrig verbeter leerders se kognitiewe vermoëns, bevorder beter onderwyser-leerder-verhoudings en verhoog hul algehele akademiese prestasie. Boonop help moedertaalonderrig leerders om hul linguistiese erfenis en identiteit te behou en sodoende hul lewens en gemeenskappe te verryk.”
Vyf in hof vir Harrismith-boer se ontvoering, moord
Boere en lede van die gemeenskap van Harrismith was met die verdagtes se verskyning by die hof met plakkate waarop onder meer staan “Stop plaasmoorde” en “Moeg vir moord”. Dit is uit protes teen plaasaanvalle en -moorde in hul omgewing.
Reën, wind en sneeu dié naweek in Kaapprovinsies verwag
Ontwrigtende sneeu word oor die naweek in hoogliggende gebiede in die Wes-Kaapse binneland, die noordelike en sentrale hoogliggende dele van die Oos-Kaap en die suidelike hoogliggende dele van die Noord-Kaap verwag.
Blouligbrigade: Staat sê hy het sterk saak
“In die beeldmateriaal, kan die agt beskuldigdes gesien word en hul betrokkenheid, op grond van die video, sal nie in die verhoor betwis kan word nie. Dit is in die video duidelik dat daar geen ander persoon op die toneel was nie, behalwe die agt beskuldigdes en drie insittendes uit ʼn Volkswagen Polo (die klaers).”
Borgtog vir blouligbeamptes ‘in belang van geregtigheid’
Die agt lede van adjunkpres. Paul Mashatile se presidensiële beskermingspan ontken dat hulle ’n doodsdreigement aan die lid van die publiek gestuur het wat die video van die N1-voorval op sosialemediaplatforms gedeel het.
Vermoorde Pattinson was steunpilaar
Die gemeenskap van Harrismith in die Vrystaat is geruk deur die moord op Mike Pattinson (67) wat as ’n “steunpilaar van die gemeenskap” bestempel word.
Sewe vas vir ontvoering, moord op boer
Mike Pattinson (67) se liggaam is in ʼn huis in die Tseseng-nedersetting in Qwaqwa gevind. Hy het verskeie oop wonde aan sy kop en nek gehad.
Voorsitter in Mkhwebane-ondersoek gaan hom nie onttrek
“Ek twyfel nie dat ek regverdig, redelik, ferm en gebalanseerd was in die poging om te verseker dat die komitee sy fundamentele grondwetlike funksie vervul nie. Daar is dus geen substantiewe meriete in die herroepingsaansoek nie.”