Die raad se kragrekening vir April, wat R776 miljoen beloop en teen 18 Mei betaalbaar was, is steeds nie vereffen nie.
Alles deur die skrywer Anja van der Merwe
Nuwe aanrandingsklag teen Jaco Swart
Die eenheid het van ʼn betroubare bron verneem dat Jaco Swart Suid-Afrika verlaat het en nou in die Verenigde Koninkryk (VK) woon, waar hy na bewering onwettig werk.
ANC-regering ‘verleentheid’ vir Afrika – VF Plus
“Die regering het met irrasionele beleidsrigtings, swak regering, staatskaping en korrupsie Suid-Afrika in ʼn uiters benarde situasie laat beland waar beleggersvertroue daal en die hoop op ekonomiese groei en werkskepping skraal is.”
Maclear-boer sterf in hospitaal
Francis Davidson (75) het met kognitiewe vaardighede gesukkel en was fisiek uiters verswak nadat hy meer as ’n maand gelede op sy plaas in die distrik Nqanqarhu (Maclear) aangerand is.
Bendes hou bouprojekte in Kaapstad ‘gyselaar’
“Dié sogenaamde konstruksiemafia hou die stad en sy kontrakteurs ‘gyselaar’, ten koste van dienslewering aan diegene wat hierdie dienste die nodigste het.”
Askham-boer se vinnige herstel ‘wonderwerk’
Justin Koper (24) het Maandag in die hof verskyn in verband met die voorval waartydens André du Toit by sy huis op Askham in die Noord-Kaap deur die regterlong geskiet is.
Verdagtes in hof wat WVF glo uit miljoene bedrieg
Sewe verdagtes staan tereg op 220 aanklagte van onder meer diefstal, bedrog en geldwassery wat verband hou met beweerde bedrog met die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF).
Woede oor diere se karkasse in veld gestort word
Die DBV het in ʼn verklaring erken dat dit hul karkasse is, maar sê hulle sal geensins verantwoordelikheid vir die storting van die karkasse in die veld aanvaar nie omdat hulle dit aan die munisipaliteit oorhandig het om daarvan ontslae te raak.
Poskantoor sál aflewer (al is dit ook 13 jaar later)
Dit het dalk 13 jaar geduur, maar dié pakkie wat in New York na Durban gepos is, het nou uiteindelik (en boonop sonder enige skade) sy eindbestemming in Suid-Afrika bereik.
Harties se dam gaan g’n leeggetap word
Daar is reeds begin met ondersoeke en proewe oor die verskillende maniere om doeltreffend van die hiasinte ontslae te raak, maar dit sluit nie die dreinering van die dam in nie, sê Magalies Water.
Bang en kwaad, maar dié ystervrou nie gebroke
Sy kan nie elke detail van die aanval herroep nie – in ʼn stadium het sy haar bewussyn verloor – maar haar aanvaller se “swart, bose oë” kan Jacobs nie vergeet nie.
Na jaar steeds geen antwoorde in Groenpunt-moordsaak
Candice Robertson se 40ste verjaarsdag sou Vrydag gewees het, dieselfde dag as wat haar kêrel in die hof vir die moord op haar verskyn het.
Ohrigstad-plaasmoorde: ‘My ma was mooi’ – seun
“Ek sal nooit weer ʼn pakkie kry met beskuit, vrugte of ʼn interessante berig wat ek moet lees en terugvoer moet gee nie, saam rugby kyk en sit en wyn drink op die stoep en vir die berge kyk nie.”
Onderwysramp op pad weens raskwotas – Solidariteit
Volgens ʼn verslag wat die impak van die voorgestelde regulasies op die onderwyssektor uiteensit, moet dié sektor van sowat 75% wit onderwysers, 55% Indiër-onderwysers en 25,3% bruin onderwysers ontslae raak.
Vyf vas wat hawelose glo doodslaan
Volgens inligting het die vyf verdagtes ’n groep haweloses aangerand terwyl hulle geslaap het.
Polisie ‘slaggereed’ vir Comrades
Polisiebeamptes gaan egter nie net werk nie, met party beamptes wat hul drafskoene gaan afstof en ook aan die marathon gaan deelneem.
Witkruisarend-kuiken steek eerste keer kop by nes uit
“Ons is verlig om die kuiken te sien. Ek het elke paar uur op die webkamera, wat ʼn beeld van die nes wys, gekyk, maar niks gesien nie.”
Kouefront op pad na Kaap
Die weerdiens het ’n geel vlak 2-waarskuwing uitgereik teen ontwrigtende reën oor Kaapstad, die Kaapse Wynland en die westelike dele van die Overberg-distrik.
SOE kom vir Vrystaatse premierskantoor oor studiebeurse
Die ondersoek sal fokus op die kantoor se goedkeuring en toekenning van studiebeurse in die 2017-’18-boekjaar aan persone wat nie geregtig was op die beurse nie of op ’n wyse toegeken is wat strydig is met die toepaslike handleidings, beleide, prosedures, voorskrifte, instruksies of praktyke van die kantoor van die premier.
Gautengse onderwys-woordvoerder moet amper miljoen terugbetaal vir BBP-beskerming
Die DA is by navraag daaroor ingelig dat Steve Mabona bykomende veiligheidsdiens aangevra het nadat hy glo dreigende telefoonoproepe ontvang het.