Volgens die koopkontrak sou Paul Grey vir nog 50 jaar sy plaas by die regering kon huur. Toe daag mans met aanvalsgewere verlede maand by die plaas op.
Alles deur die skrywer Anja van der Merwe
Vier keer lewenslank vir kinderverkragting
“Sy vra haar biologiese pa, by wie sy tans woon, om te bid dat die pyn en nagmerries weggaan. Sy het ook gesê sy hoop die beskuldigde sterf in die tronk,” het landdros Pierre Wessels tydens vonnisoplegging gesê.
Vrou in hof vir ontvoering van pasgebore baba
Die vrou is formeel in die hof aangekla vir ontvoering van ʼn kind.
‘Mkhwebane het publiek in die steek gelaat’
“Vir die afgelope sewe jaar het ons vasgehou aan ons oortuiging dat sy nie ʼn geskikte kandidaat is om die amp van Openbare Beskermer te beklee nie. Vandag is ons teenkanting teen haar aanstelling uiteindelik geregverdig.”
Fase 5-beurtkrag is terug!
Fase 4-beurtkrag sal van Dinsdag om 05:00 van krag wees tot verdere kennisgewing.
Onwettige skole in Gauteng moet sluit, vra DA
Die DA het klagtes ontvang oor 13 skole wat glo onwettig in Bloubosrand in die noordweste van Johannesburg bedryf word.
Mkhwebane kry die trekpas as OB
Altesaam 318 stemme is vir haar ontheffing en 43 daarteen ingevorder, wat die vereiste tweederdemeerderheid behaal het.
Munisipaliteit skop vas teen verskuiwing van erfskatte by landboumuseum
“Diegene in die gemeenskap wat die museum beskadig en voorwerpe steel, besef nie dat die museum [en voorwerpe] aan hulle ook behoort nie. Hulle moet daarvan bewus gemaak word.”
Zuma se appèl oor private vervolging geweier
Regter Gregory Kruger het Maandag in sy uitspraak gesê daar is geen meriete in enige van Zuma se betoë nie.
Magudumana moet agter tralies bly
Nandipha Magudumana het in haar borgtogaansoek aangedui dat sy van plan is om by ʼn vriendin in Sandton tuis te gaan indien sy op borgtog vrygelaat word.
‘God se goedheid binne die vlamme’ – Krugersdorp-inwoner ná brand
“Die een tannie se hele lewe was binne haar huis. Sy het vetkoek en pannekoek vir ’n lewe gebak en haar toerusting om dit te kan doen, is vernietig.”
Sewe gou vas ná aanval op polisie
Gaste wat vies vas oor die sluiting van die taverne het die polisievoertuig met klippe bestook en twee vuurwapens by die beamptes gesteel.
Jhb-tragedie ʼn ‘tikkende tydbom’
“Die kaping van geboue en eiendomme het onaanvaarbare vlakke bereik. Boonop gebeur dit ten aanskoue van wetstoepassingsowerhede en sommige grootkoppe in die regering.”
Trompie die hond ná sy swerfjaar tuis
Karen van der Heever het Sondag nog ʼn herinnering op haar Facebook-blad gekry dat Trompie presies een jaar gelede verdwyn het. Min het sy geweet dat hy net die volgende dag sy opwagting sou maak.
Losprys geëis vir Britse egpaar
Die saak is nou van een van vermiste persone na ontvoering omgeskakel.
Welkom, Ruben! Wêreld se ‘eensaamste’ leeu kry tuiste op Afrika-bodem
By sy nuwe tuiste het Ruben ná jare van eensaamheid weer ander leeus hoor brul. En dit was nie lank nie, of Ruben het ook weer sy eie stem ontdek. Hoewel aanvanklik sag, word die brul nou al hoe harder namate Ruben sy selfvertroue herwin en weer soos leeu voel.
Man erken hy het minnares se dogter verkrag
Die ma is reeds in Desember verlede jaar swaar tronkstraf opgelê vir die verkragting en seksuele aanranding van haar dogter.
Borgtog vir Klerksdorp-verdagte
Volgens inligting het Botha na bewering twee mans, wat as Hilton Pretorius (32) en PW Roos (44) geïdentifiseer is, aangerand.
‘Ons dienste is gratis,’ sê departement oor slenter by lykshuis
Die Gautengse departement van gesondheid het deur middel van berigte verneem van bewerings dat sommige van die familielede van die slagoffers van die Johannesburgse brandramp R700 moes betaal om hul geliefdes se liggame by die lykshuis te kry.
Karpowership gee wildplaas om druk te verminder
“Die hawe by Richardsbaai skep unieke omstandighede waar dié aktiewe nywerheidshawe, wat grootliks vir steenkooluitvoer gebruik word, in ʼn riviermond funksioneer.”