Lizette en Hettie Deacon se liggame is op 10 September 2020 die aand laat in hul motor naby Polokwane gevind.
Alles deur die skrywer Anja van der Merwe
Vrouemoord ‘globale pandemie’
’n Navorser wat tydens die verhoor van Gerhard Jansen van Vuuren getuig het, het skokkende feite oor geslagsgebaseerde geweld in ʼn verslag bekendgemaak.
Nog ʼn reddingsboei vir Eskom beplan
“Die Tesourie, wat reeds amper die helfte van Eskom se skuld absorbeer, sal die risiko loop om Suid-Afrika in rommelstatus te dompel sodra so ʼn aankondiging gemaak word.”
Menslike oorskot op plaas gevind
Daar was twee klein gaatjies in die skedel, wat daarop kan dui dat die persoon geskiet is.
NZ-ma se verhoor na nuwe hof oorgeplaas
Lauren Dickason is steeds in ʼn psigiatriese hospitaal, al sou sy aanvanklik op 22 Julie ontslaan word.
Geen borgtog vir Trompsburg-aanvaller
“Haat en kwaad is iets wat ek nog nie in vergifnis kan omskakel nie.”
Video’s: Dolfyne in Kaapstad gered
Die reddingspan het die dolfyne met spesiale draagbare opgetel en eers in die vlak branders vrygelaat.
Danie de Jager kry nuwe tuiste by Voortrekkermonument
Die beelde, waaronder een van die mees bekende olifantbeelde ter wêreld, is aan die monument geskenk.
Staat sê dít is nie berou nie
Die staat vra dat Gerhard Jansen van Vuuren 29 jaar direkte gevangenisstraf opgelê word.
Video: ‘Ek kan nooit myself vergewe’
“My bedoeling was nie om Andrea seer te maak nie. Ek voel verskriklik dat ek die een is wat vir haar dood verantwoordelik is.”
Pa gee brief ná 11 jaar aan Jansen van Vuuren
Gerhard Jansen van Vuuren se voorvonnisverhoor het Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg begin.
Tydelike belastingverligting vir Jhb-skole
“AfriForum spreek die hoop uit dat die saak wat in Oktober aangehoor sal word, permanente duidelikheid oor die saak en verligting van die nuwe tariewe sal bring.”
Mosambiekse broers gevonnis vir oortreding van die Immigrasiewet
Twee Mosambiekse broers en twee medebeskuldigdes is vroeër vandeesmaand aangekeer op aanklag van mensehandel.
Japanse man tereggestel ná massamoord
Tomohiro Kato het een van die skokkendste massamoorde in die land se onlangse geskiedenis gepleeg.
Vragmotor naby Trompsburg geteiken
“Die vragmotorbestuurder het deur die venster geloer en drie mans gesien. Hulle was besig om met die vragmotor se bande te vroetel.”
Stappers deur swerm bye aangeval
In ʼn afsonderlike voorval het ʼn Ierse toeris haar enkel op Tafelberg beseer terwyl sy daar gestap het.
Motor pen vrou vas in oprit
“Konstruksiewerkers in die omgewing het die vrou hoor skree en haar te hulp gesnel.”
Meeste verdrinkings in drie jaar hiér aangemeld
Altesaam 86% van al die verdrinkings was mans. Lees hier hoekom dit so is.
11-jarige kry hartaanval by skool
Onderwysers het ingespring en noodhulp op die leerder toegepas.
Video: ‘Skaakmat’ toe robot seun se vinger breek
In die video kan gesien word hoe die seun ʼn skaakstuk optel om te skuif en die robot hom dan vir etlike sekondes aan die vinger gryp.