“Waar is my plek? Wat is my roeping? Wat moet ek doen met my lewe?” Die “Vroue in Beweging” tema vir Desember is “Die vrou in die gemeenskap – my mense en my rol”. Hierdie tema bring die gemeenskap nader aanmekaar en beklemtoon die waarde van die vrou in verskeie rolle binne die samelewing.
Alles deur die skrywer Annelize Brits
Fees bring plaasatmosfeer na Pretoria
Die Spit, Skud en Dans-fees ten bate van Solidariteit Helpende Hand se Bemagtig ʼn Kind-projek, het Saterdag, 11 November, die gemeenskap byeengebring vir ʼn dag van lekker kuier en feesvier.
Video: Vervul jou roeping met verdere studie
Ons weet dit is dikwels nie moontlik vir ʼn jong vrou of ʼn volwassene om haar huis en gesin agter te laat en voltyds vir drie of vier jaar te gaan studeer nie. Om hierdie rede is die nauurse afstandsmodel by Akademia in baie opsigte ʼn antwoord op gebed vir soveel studente.
Spit, skud, en dans vir ʼn goeie doel
Kom dans, kuier en skep hoop! Die Spit, skud en dans-fees saam met Ricus Nel is vir die hele gesin en gaan onvergeetlik wees. Bespreek nou jou kaartjies vir die lekker fees, 11 November te Tierpoort, Pretoria-Oos.
Maroela Media maak dit maklik vir 2023-matrieks
Aandag alle matrieks! Maroela Media maak dit maklik vir 2023-matrieks. Kom registreer om seker te maak jy ontvang ‘n kennisgewing die oomblik wat die matriekuitslae bekend gemaak word.
Vroue in Beweging: Vroue se verskillende roepings
Die begrip “roeping” is nie vir ons vreemd nie. Die meeste mense sal met oortuiging kan antwoord dat hulle ʼn lewensroeping het. Maar dit is nie altyd so maklik om presies te weet wat daardie roeping in jou lewe is nie.
Braaf die Boerboel: ‘Dis braaf om te help’
“Jy is braaf as jy help, jy is braaf as jy gee. Dit is ons almal se plig om ʼn gesindheid van welwillendheid by ons kinders te kweek.”
Leer om stories vir kinders te skryf
As jy ’n kinderstorie in jou hart het, wat jy graag met die jongspan wil deel, is Skryf ’n Kinderverhaal ’n móét.
Die aanlynkursus skop amptelik op 6 November 2023 af.
Son, see en ’n skip
“Die oomblik dat ek die skip betree, vergeet ek van die buitewêreld. Onmiddellik verander my vrees in ʼn gevoel van opgewondenheid en net daar byt die skipgogga my behoorlik.”
Wat beteken dit om ʼn Godvresende vriendin te wees?
Die lewe raak so dol en is soms so swaar dat ons sukkel om onsself regop te hou, nie eens gepraat van ons vriende en vriendinne nie. Maar die geheim is dat ons juis nie onsself regop hou nie; dit is God by wie ons skuil en Hy sal ons nie oorlewer of alleen laat nie.
Waar was Wouter?
Wouter, Weet se leergierige uiltjie, het die vorige skoolvakansie reg oor die land rondgerits en selfs ʼn draai oorsee gemaak! Volg saam met ons sy avonture.
Kry mediadekking vir jou besigheid; aanlyn werkswinkel wys jou hóé
As jy ʼn kommunikasiepraktisyn of entrepreneur is wat graag vir jou kliënte of besigheid meer blootstelling wil gee, is hierdie werkswinkel ʼn móét.
Jou skeppingsdoel: Wat hou jou terug?
“Ek kry daagliks met vroue te doen wat my inspireer omdat hulle sukses behaal het in hul veld en uitgestyg het bo hul omstandighede. Maar, terselfdertyd sien ek ook soveel vroue wat nog nie hul doel en roeping gevind het nie.” Wat is jou skeppingsdoel?
Die Dameskring: Vroue met ’n passie vir Afrikaans
Augustus was amptelik Afrikaanse Taalmaand. Die Dameskring vier egter Afrikaans heeljaar deur. Met die nuwe Taal van my Hart-projek wat vroeër van stapel gestuur is, word Afrikaans reg deur die jaar gevier met verskillende interessante aktiwiteite.
Mediaverklaring-werkswinkel: Staan ʼn kans om ʼn Maroela Media-advertensieveldtog te wen
Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied 20 Oktober 2023 ʼn aanlyn oggendwerkswinkel aan waar jy kan leer presies hoe om die perfekte mediaverklaring te skryf.
Bespreek nou vir Skryfnet se liefdesverhaalkursus en kry afslag!
Kom skryf nou in vir Skryfnet se liefdesverhaalkursus en kry die geleentheid om die gewilde skrywer Elsa Winckler te ontmoet en vir haar vrae te vra.
Skryfnet kom Kaap toe met ʼn werkswinkel vir skoliere wat wil skryf
Kinders wat passievol is oor skryf sal baie waarde kry uit vanjaar se Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-werkswinkel wat op 28 Oktober 2023 by Hoërskool Stellenberg in die Kaap aangebied word.
Jou gemeenskap het ’n skrywer soos jy nodig!
Wou jy nog altyd ʼn verskil in jou plaaslike gemeenskap maak? Wil jy stories vertel wat vir jou dorp, skool of gemeente belangrik is? Wil jy graag skryf oor die gebeure, sake en interessante mense in jou gemeenskap? Kom leer dan hóé met ons splinternuwe Skryf vir Gemeenskapsmedia-kursus.
Gedagte vir die dag: Die Woord
Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. (Openbaring 22:13)
Gedagte vir die dag: ’n Anker
Ons hoop en ons wag vir die dinge wat sal gebeur, daarom is ons lewe veilig en daarom kan ons vas glo. Dit is soos ’n anker wat keer sodat ’n skip nie wegdryf nie. Ons hoop en ons is seker dat Jesus ons anker is, Jesus wat agter die gordyn in die tempel ingaan. (Hebreërs 6:19, Die Bybel vir almal)