Sowat ’n jaar gelede het die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) kom aanklop by die Atterbury Trust met ’n interessante voorstel – die ontwikkeling van ’n Afrikaanse woordeboek-app.
Alles deur die skrywer Atterbury Trust
Afrikaans se toekoms in die internet se wolk – Deon Opperman
Die dramaturg Deon Opperman was onlangs ’n gas by die Atterbury Teater om te gesels oor sy trilogie Donkerland, Hartland en Kruispad, as deel van die viering van die 75ste bestaansjaar van Pretoria se Mabel Malherbe Leeskring.
Innoverende mediese produk uit noodsaak gebore
Nadat Nico Basson 16 weke in die hospitaal moes deurbring met verbande wat nie nat mag word nie, het hy ’n mediese produk ontwerp wat dié probleem oorbrug.
Sakeplankompetisie: Hoenders wat ‘anders’ is
Renita Fourie het die spreekwoord ’n boer maak ’n plan letterlik opgeneem toe sy ’n plaas wat ‘gewone’ hoenders in smaaklike, eenvoudige etes verander, op die been gebring het.
E-rommel g’n weggooigoed
Ten spyte van ʼn motorfietsongeluk wat hom die meeste van die gebruik van sy regterarm gekos het, het Justin van der Walt nie toegelaat dat enige tekortkoming hom verhoed om ‘n e-rommel herwinningsmaatskappy te begin nie.
Goeie nuus: Triomf-kliniek gaan van krag tot krag
Sedert die Triomf-kliniek byna sewe maande gelede sy deure geopen het, het die lys van dienste wat hier gratis aan pasiënte in die Danville-omgewing in die weste van Pretoria aangebied word, goed uitgebrei.
Blinde student en gidshond staan vir niks terug nie
Anel Coetzee studeer regte aan die Universiteit van die Vrystaat en is die Atterbury Trust se eerste blinde beursstudent.