Toyota is al meer as 30 jaar die naamborg van die jaarlikse Rust de Winter 4×4 Jamboree – ʼn gesinsdag waar deelnemers met die taaiste 4×4’s opdaag en kompeteer om met die louere weg te stap.
Alles deur die skrywer Brendon Staniforth
Wen: Kaartjies na finale ronde van GR-beker
Tien lesers staan danksy Maroela Media en Toyota elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na dié opwindende geleentheid op Saterdag 14 Oktober 2023.
Defender met groen skoene
Die nuwe Land Rover Defender 110 P400e maak gebruik van ʼn 221 kW-viersilinderturbopetrolenjin én ʼn elektriese motor wat ʼn totaal van 297 kW of 404 perdekrag bied.
Plaaslike motorverkope sterk, wyl uitvoere struikel
Kyk ook hier wat was die topvyf‑passasiersvoertuie vir September.
Uithouren van ‘n ander aard
Renault het ʼn reuse-uitdaging vir die plaaslike media uitgedink: ʼn agt uur lange uithouren óm Zwartkops-renbaan net buite Pretoria. Die uitdaging is eenvoudig: Ry soveel rondes moontlik met die minste brandstof.
Audi neem Kyalami op horings
Audi se gevorderde bestuurskool se deure in Suid-Afrika is al geruime tyd toe, maar is pas weer by Kyalami geopen.
Hilux Raider X ʼn allesdoener
Bakkies is met ʼn groot marge die gewildste voertuie in Suid-Afrika. Daar is verlede maand byna 10 000 bakkies verkoop, en die model wat die grootste markaandeel geniet, is Toyota se Hilux.
GR-beker: Dit blyk jy kan ʼn ou hond nuwe trieks leer
Brendon Staniforth, Maroela Media se motorjoernalis, kyk terug op sy GR-beker-seisoen wat reeds vir hom ʼn podiumplek opgelewer het, maar ook met teleurstellings gepaardgegaan het.
Extreme-fees jaag dié naweek Killarney toe
Die sewe klasse wat aan die Extreme Festival deelneem, is reeds inderhaas op pad Kaapstad toe en sal dié naweek die skare by die Killarney-renbaan bekoor.
C3 vs. Vitz: Watter een gee meer waarde vir jou rand?
Hier is twee nuwe begrotingsbuksies wat mekaar die stryd wil aansê. Citroën se C3 kom nou uit Indië en is beskikbaar teen ʼn baie laer prys as sy Europese voorganger, maar só ook kom Toyota se Vitz uit Maruti Suzuki se fabriek in Indië.
Volvo C40: Indrukwekkend, maar hoekom?
Die C40 is toegerus met Volvo se Twin-dryfstelselkonfigurasie. Dit is twee elektriese motors wat ʼn asemrowende 300 kW en 660 Nm bied. Dit slaan letterlik mens se asem weg. Maar nou moet ek vra: hoekom!?
Mercedes-Benz se A-klas verfris
Mercedes-Benz se A-klas-reeks het ʼn model vir elke smaak: petrol óf diesel en intreevlak óf bomklapper-AMG.
Motorverkope staan sterk
Suid-Afrika het ʼn enorme getal van 41 462 voertuie in Augustus 2023 uitgevoer en 45 679 plaaslik verkoop.
Nuwe beperkte weergawe Hilux bekendgestel
Die nuwe beperkte weergawe-model dra die naam Raider X en gebruik die Raider as basis.
Sportage ʼn wenner
Die nuutste Sportage is werklik mooi en Kia kon met ʼn waaghalsige ontwerp regkry wat Hyundai nie met sy Tucson kon nie.
Renault se nuwe Captur beïndruk
Renault se Captur was nog nooit uiters gewild in Suid-Afrika nie, maar die nuwe Captur is ʼn fantastiese ryding.
Everest net té duur
Motorjoernalis Brendon Staniforth gee sy indrukke van Ford se Everest en hoewel dit ʼn netjies ontwerpte voertuig is, het hy tog voorbehoude.
Suzuki met ses sitplekke teen sakpasprys
Die nuwe Suzuki XL6 se naam gee dit meestal weg. XL vir groot, en die 6 vir ses sitplekke.
Motorfees dié naweek by Kyalami
Suzuki wys onder meer vir die eerste keer die vyfdeur-Jimny op eie bodem.
ʼn AMG met vier silinders
Mercedes se AMG C43 is mooi en gelaai met luukshede maar dis onder die kap waar dinge begin interessant raak.