Ducati het oor die afgelope paar weke voor en tydens EICMA ’n rits bygewerkte modelle bekendgestel, waaronder ’n baie unieke Multistrada.
Alles deur die skrywer Brian Cheyne
EICMA skitter met nuwe modelle
Die eerste week in November is altyd ʼn groot week vir motorfietsentoesiaste. Dit is wanneer EICMA, een van die grootste motorfietsskoue, in Milaan aangebied word.
BMW M1000R – As jy ernstig is oor verrigting
Die M1000R is ’n fenomenale fiets, maar beslis nie vir beginners nie. As jy ’n ryer is wat ernstig is oor verrigting, sal die M jou nie teleurstel nie.
Triumph Tiger 900 opgekikker vir 2024
Triumph het verder die bakpanele herontwerp om die Tiger ’n meer vloeiende ontwerp te gee. Daar is nou ook drie nuwe verfskemas om uit te kies.
Ducati DesertX – enige plek, enige pad, enige terrein
Dit is net weer eens ʼn bewys dat jy maar jou vinger enige plek op die kaart kan neersit, en die kanse is goed dat die DesertX jou soontoe sal kan vat.
Honda Goldwing is steeds een van die bestes
Die Honda Goldwing het min gelyke en bly een van my gunstelingtoerfietse.
BMW R 1250 GS – die hoofstuk sluit af
Ek wil graag die R 1250 GS groet met die befaamde woorde van die rugbykenner, wyle Zandberg Jansen: “Nag, ou grote!”
Honda CB750 Hornet – Pendel hoef nie vervelig te wees
Oor die jare het die Hornet deur verskeie opgraderings gegaan, maar almal het dieselfde twee eienskappe gedeel: die fiets was bekostigbaar en groot pret om te ry!
BMW R 1300 GS – Die wag is eindelik verby
Die R 1300 GS is seker een van BMW se swaksbewaarde geheime. Vroeër vanjaar is daar al aangekondig dat die fiets amptelik bekendgestel gaan word op 28 September. Die internet het gegons met kunsmatige intelligensie-voorstelle van hoe die fiets behoort te lyk.
BMW se nuwe F 850 GS- en F 900 GS-modelle
Terwyl BMW sy vere reg skud vir die bekendstelling van die langverwagte R 1300 GS aan die einde van die maand, het hy ook verskeie opgraderings aan sy middelgewig-avontuurfiets aangebring.
TVS se Apache RTR 310 gou in SA
TVS klink dalk nie bekend nie, maar as jy die BMW G 310-reeks ken, behoort jy te weet dat hierdie fiets deur BMW ontwikkel is in samewerking met TVS.
BMW CE 04: Die toekoms is hier, wel amper
Die CE 04 lyk uiters modern, en sommer uit die staanspoor was die opinies verdeeld of dit werk of nie.
Stof behoorlik opgeskop tydens jongste Stofskop
As mense glimlag en jy sien stof op hulle tande dan weet jy dat “Stofskop, Powered by Motul” ’n reusesukses was.
Is nuwe KTM 890 SMT waardig om T in naam te dra?
So het dit gekom dat ek sewe onvergeetlike dae in Europa deurgebring het met ’n volgelaaide SMT.
Triumph van krag tot krag met nuwe 400-reeks
Die twee modelle wat bekendgestel is, is die Speed 400 en die Scrambler 400 X.
Stofskop is terug!
’n Vriendin van my het altyd spottend gegroet met: “Maak ’n stoffie!” Jy was dan vrywillig verplig om jou wiele met die wegtrek te laat tol. Ek dink sy sal goed kan assosieer met Stofskop wat hierdie jaar weer op die Randfontein-renbaan in Johannesburg aangebied word. Die dag word met trots deur Motul geborg. Maak volgende Saterdag (12 Augustus) vas in jou dagboek, want hierdie is ’n baie unieke sosiale geleentheid.
Honda Transalp 750 is alles-in-een-middelgewig
Dit is ʼn uiters toeganklike fiets wat jou bitter lank van diens gaan wees, en jy gaan hom ook nie maklik ontgroei nie, skryf Brian Cheyne. En soos Honda dit stel: Die berge roep. Gaan jy (en jou motorfiets) antwoord?
Yamaha XSR900 – Retro fiets met ʼn besonderse bloedlyn
Die XSR900 bring hulde aan Yamaha se sukses op die renbaan, maar dis meer as net ʼn klop op die skouer vir hulself. Dit is ’n volwaardige kaalfiets met meer as genoeg krag vir ure se pret.
BMW spog met nuwe tegnologie
BMW is ywerig besig met nuwe modelle en nuwe tegnologie wat binnekort beskikbaar gaan wees, insluitend ‘n elektriese bromponie en ‘n nuwe slim ry- bril.
Triumph Street Triple 765 RS nou met Moto2-woema
Daar is heelwat kaalfietse in Suid-Afrika beskikbaar in hierdie klas, en elkeen het sy eie karakter. As ek egter in die mark was vir hierdie klas van fiets, sou ek die Street Triple sterk oorweeg.